top of page

Willie de Graaff

Print asb uit en gee vir belang-stellendes om te lees.

ONDERHOUD MET WILLIE & ANNATJIE DE GRAAFF, GHANZI, 1980.

 

WdG:  My Pa het die donkie vir my gekry. En voor dit het ek 'n ander donkie gehad,

die donkie se naam was Janbruin. Dit was so 'n groot bruin donkie, hy het lekker

vinnig gehardloop. En ons almal het geglo dat daar's geen donkie wat vir Janbruin

kan weghardeloop nie. En op 'n dag toe bring 'n Boesman vir Hartbees daar en almal het vertel die donkie hardloop so vinnig, 'n perd kan hom die weghardloop nie.  Ek kon dit nie glo nie en omrede hy klein was moes 'n Boesman vir Janbruin ry en ek het vas geglo Janbruin gaan die reisies wen. En toe hulle gaan staan, is Hartbees ver voor. Ou Hartbees was 'n baie klein donkie gewees, en ek was ongeveer so ses jaar, toe het ek net beginne leer donkie ry, op die plase, altyd as my pa-hulle geploeg het en so aan, mag Hartbees nooit in die ploeg gekom het nie, enne ek het hom gebruik om ander ploegdonkies altyd in die veld te gaan haal. Om 'n idee te gee hoe goed Hartbees was, ek het eendag op my eis in die veld, het ek 'n Blouwildebees met Harbees gekeer en hom gejaag tot by die huis binne-in die kraal waar my pa hom doodgeskiet het.

 

Eendag toe kom daar 'n Swart jong by ons enne hy't so 'n mooi bruin perdjie gehad en my pa wou graag die perdjie by hom koop, omrede hy 'n lekker gang geloop het. Enne toe vra die jong 'n vreeslike prys vir die perd, toe sê my pa ag nee man, hy wil nie so baie betaal vir dier ou perd nie, want hy kan dan nie eers hardloop nie. Toe sê die jong, “Baas jy kan maar jou reisies perd bring, hierdie perd sal hom weghardloop.” Enne my pa roep toe vir my en hy sê ek moet vir Hartbees vang en ek en hy moet so halfmyl, daar was so knop op die plaas, moet ons gaan staan en so. En die ou Bantoe het eers gedink my pa was, het grappe gemaak, en toe hy later sien my pa is ernstig, omtrent die storie, toe lag hy hom uit. Toe sê hy “Nee Baas, hoe kan jy nou 'n donkie teen 'n perd sit?” Toe sê my pa “Man, kom ons jaag en kyk wat gebeur.” Enne die ou jong is toe op en ek is op ou Hartbees en ons is toe weg, en op die pad het ek vreeslik ge”brag”, niks geweet van stilbly en so aan nie, eers klaarjaag nie, want ek het selfvertroue gehad, ek het geweet hoe hardloop Hartbees. Enne toe ons op die kop draai toe spring ek weg en die jong spring ook weg enne Hartbees was van die soort, as hy voor is kan niks hom verbykom nie, net 'n perd wat baie vinnig is en toe klop ek die ou, ek het vir hom weggejaag en hy kon dit nie glo nie, hy't so sleg gevoel. ”Baas,” my pa sê “Nou wat vra jy vir die perd?” “Nee” sê hy “Baas kom ons ruil, ek wil die donkie hê.” My pa sê “Nooit man, jy's mal, ek sal hom nooit ruil nie.” “Nee Baas, kom ons ruil, ek wil die donkie hê.” Ek sê “Nee man!” Hy sê “Daar's die baas, die kleinbaas, dis sy donkie.” En ek het maar net geweier, ek sal mos nooit 'n donkie ruil of enigiets ruil wat vinniger as iets anders is nie.

 

En ek was ongeveer so, ek dink so agt jaar gewees, sewe, agt jaar, en toe kom daar een jaar met Independance, die Onafhanklikheidsdag van Botswana, wat die Swart regering nou oorgeneem het, is daar toe 'n groot sports en onder andere is daar 'n donkie “race” van R8. En dit was ongeveer … wat was dit? Ja, dis reg, tien jaar terug, dit was 1963, toe is dit die onafhanklikheidsag en daar's 'n groot “race” vir die gereël, perdesports, donkie “race” vir R8 en vir daai tyd was dit 'n hengse klomp geld, veral vir 'n donkie “race”. En ek het 'n vriend gehad op skool hier op Ghanzi wat altyd saam met my naweke plaastoe gegaan het. Enne sy naam is Hennie Swartz gewees. En ek en hy, hy't vreeslik gehou van donkie ry en so aan, en ons het en ek het ongeveer groot geword op 'n donkie. En ons het oral rondgery en by oom Niklaas Goosen gaan kuier, al die bure gaan kuier, in die veld rondgejaag en tekere gegaan en ek het altyd vir Hartbees gery, hy was altyd so teleurgesteld omdat ek hom so ver weggery het. Enne ek was eendag, ek was so erg oor die donkie, eendag toe ry ek en hy en die donkie gooi my af en hy hardloop weg, en Hennie jaag hom en hy gaan vang toe die donkie, hy was 'n bietjie groter, twee of drie jaar ouer as ek. En hy gaan vang die donkie vir my en hy klim toe op Hartbees en hy kom terug gery na my toe. Ek was so kwaad, ek het gevoel ek kan hom iets aandoen, oor hy het op die donkie se rug gesit het, en net ek mag die donkie ry.

 

Enne ons kom toe, die donkie daag toe 'n dag voor die “race” daag hy op Ghanzi op. Ek het eintlik nie gedink hy kom nie, want my pa het op die plaas gebly, ons het op Ghanzi gebly. Enne die middag kom roep 'n Boesman my, een van ons ou Boesmans op die plaas, en ek was so bly om die Boesman, ek sê “Wat soek jy?” Hy sê “Nee, ek het vir Hartbees gebring.” Ek sê “Vir Hartbees? Wat maak hy?” Hy sê “Nee die Oubaas sê hy moet môre hardloop op die “race.” En ek het probeer hawer gee en voer gee en tekere, die donkie wil niks eet nie, hy vreet net gras en doen. Enne die volgende dag toe daag my pa vroeg op en ons is oppad reisies toe. Toe ons daar kom, toe kry ons vir ou Hennie ook daarso. Hy't 'n paar donkies van sy oom gebring wat ook lekker hardloop. En hy kom toe na my aangestap, hy sê “Willie ek gaan vandag reisies jaag op die donkie reisies.” Hy sê,”Jong, dis klomp sakgeld.” Ek sê vir hom, “Ja, ek gaan ook jaag.” Hy sê “Wat! Kom jy ook jaag?” Enne ek sê “Ja.” Hy sê “Watter donkie het jy?” Ek sê “Nee ek het vir Hartbees.” Hy sê “Aaag...” en daar loop roep hy sy oom en hy sê “Ons kan maar die donkies huistoe vat.” Oom Manie sê “Man....” Hy sê “Ag oom Manie ek gaan nie ry nie.” Hy sê “Hoekom?” Hy sê “Daar is nie 'n donkie wat vir Hartbees kan weg hardloop nie.” En sy oom is so teleurgesteld, hy sê “Man Hennie, probeer net, daai ding ...”Hy sê, “Oom ek ry nie eers nie, jy kan maar ry of jy kan 'n Boesman opsit.” Die gevolg is, toe ry Hennie nie, en ek is toe die enigste Blanke outjie wat die dag op die donkie “race” is. En van alle plase is daar donkies. Ek skat daar was ongeveer 'n 54, om en by 'n 50 donkies gewees, Boesmans en Bantoes en alles.

 

Enne toe kom my ma na my toe, toe sê sy ek mag nie ry nie, tussen al die nie-Blankes en ek sal seer kry en allerhande dinge en so aan, en my pa is toe vreeslik teleurgesteld, hy sê “Man, jy gaan ry.” En my ma gryp toe my arm en sy trek my daar onder een van die tente in en daar het ek gestaan en huil en huil, die donkies het een vir een verbygekom, en ou Hartbees staan daar onder die boom vasgemaak. Enne toe kom my pa later na my toe hy sê of hy maar 'n Boesman op hom kan sit. Ek sê, “Nee, dan hy kan maar liewerste nie hardloop nie, want ek laat nie 'n Boesman op hom ry nie.” Enne so 'n rukkie toe's die donkies al so 'n ent weg toe los my ma my. Ek stap toe om en ek gaan staan by Hartbees en hier kom my pa op my af. Hy sê “Willie, man, spring op die donkie en ry hier agter om die tente, hulle sal mos niks weet nie.” En ek is op die donkie en hier agterom, toe hulle weer sien, of nee hulle het my nie gewaar nie. Kom toe by die wegspringplek, en ek is maar lekker onnosel-dom, weet niks, van reisies jaag af nie, tussen 'n vyftig donkies, hulle staan sommer sulke stringe in die baan, en toe ek weer sien, toe sak die vlae en daar trek die donkies. Ek is heel agter. Maar wat, ek het Hartbees net 'n skiet gegee en so 'n paar hale, toe's ek voor, en ek het gery en gery, en elke keer dan kyk ek om dan sien ek nee, die mense agter my is so 'n entjie verder. Enne by die wenpaal toe steek ou Hartbees kop weg en ek val toe af. En ek klim weer op en ek is deur die wenpale en afgeklim... al die Boere, is seker 'n stuk of agt, gryp my en hulle pak daar om my en tel my in die lug op en skree kliphard tussen al die nie-Blankes “Apartheid!” Ag hulle is so bly hulle kan iets oorkom, Toekie skree as ek aankom, my suster, “Daar kom Willie, Pappa en Mamma, Willie is heel voor!” Hulle kon nie glo die enigste blanke outjie jaag omtrent vyftig tree voor die ander donkies.

 

* * * * * * * * * *

 

...wat ek het seker ongeveer ek skat so by die sewe-en-dertig, agt-en-dertig duisend beeste, ek trek die die laaste vyf jaar is daar beeste deur die Kalahari van Ghanzi af Lobatse-toe, slagpale toe en dan plase wat naby Ghanzi lê waar die mense hulle dan vet maak en dan wannner hulle reg is vir die slagpale gaan slag, enne ek het ongeveer in die vyf, vyf-en-'n-half na ses jaar het ek so sewe-en-dertig na veertig duisend beeste deur die Kalahari getrek. Met die gevolg is dat ek op die pad baie kans gekry het om leeus te skiet – ek het, meestal trek jy die beeste met 'n klomp perde en Boesmans, die perde is maar net daar eintlik as die beeste skrik en weghardloop en verder loop die meeste Boesmans met hulle voete.

 

Vraag:  Vat jy nie 'n wa of 'n ding saam nie, 'n sleepwaentjie?

WdG:  Nee, jy vat net 'n lorrie saam om al die volk se goed te laai. Komberse en kosvoorrade vir die pad en so aan, enne op die pad het ek nou heelwat tyd om leeus te skiet en een van die mooi stories van leeus was die trippie het ek tweeduisend, ek skat tweeduisenddriehonderd, oor die tweeduisend bees getrek. En ek kon hulle nie in een trop trek nie, toe moes ek hulle in drie troppe verdeel. Enne toe moes ek drie voertuie hê. En ek het in die middel getrek en dan het ek elke dag vorentoe gery en die ander gaan tel en weer terug gery na die ander toe en by die voorste het ek so 'n jong klongetjie gehad, hy was ongeveer so agtien, nee sestien jaar, hy't die lorrie gery en so. En een oggend baie vroeg toe kom hy aangejaag by my, toe sê hy vir my daar's 'n vreeslike groot leeu, ek moet hom gaan skiet. Ek sê vir hom “Nee man, Mapute, ek gaan nie nou...” Hy sê “Asseblief Baas,” hy’s sê hy's so groot soos 'n wildebees. Ek sê “Man, los die ding.” Hy sê “Baas, maar hy's in die pad van die beeste, hy keer die beeste voor.” En ek sien toe later die jong is baie bang, ernstig en ek maak toe klaar en ek klim in die kar en ek ry toe uit. Enne toe ons daar kom, toe's die bees darem verby die leeu en toe ek die leeu se spoor sien, toe sien ek hei maar dit moet 'n hengse leeu wees. En toe besluit ek ek gaan die leeu agtervolg.

 

Ek vat toe vier van die Boesmans wat die bees, van die beeste en ons is op die leeu se spoor. En ons het seker hom by die agt-en-twintig na dertig myl geagtervolg, wat daai leeu gevlug het en gevlug het en al agter hom aan en agter...tot ek later moeggeword het, ek was op die spoor en die outatjie het die kar bestuur. En ek klim toe agter op en ek sê toe nee, ek gaan nou maar agter staan want ons kom toe agter die leeu moenie ver voor ons wees nie, hy hardloop net hier voor ons. Enne ek staan toe agter op en ek dink ons het net gestop of so en die Boesmans water gegee en toe ek vorentoe kyk toe sien ek die leeu staan, toe staan hy dwars en hy kyk vir my. En ek kon, toe sien ek eers hoe groot leeu dit is. En ek skree vir die Boesmans hulle moet opspring en die outatjienjaag toe soontoe, toe ons daar kom toe's die leeu weg.

 

En ek gee toe die boesmansklaar water en so aan, en ek sê toe nee hulle moet verder opdie spoor gaan. Maar die leeu was toe al so moeg dat jy kon die spoeg sien aan die gras en sy pote het hy gesleep op die sand enne ons het weet so 'n entjie agtervolg toe sien ek weer die leeu staan en ons jaag toe en toe ons weer daar kom toe's dit, toe's hy weer weg. En ons vat toe, ek sê toe vir die Boesmans hulle moet nou baie versigtig wees, want ek weet toe hierdie leeu gaan nou, enige oomblik gaan hy gaan lê en ons voorlê en bespring en doen. En ek gee toe weer water, dink ek, en staan agter op en ek sê toe vir die Boesmans hulle moet die spoor soek en doen enne hulle vat toe die spoor en die leeu kies toe, hy gaan toe uit die bos uit en hy kies toe die vlak en toe weet ek, as hy die vlak vat dan is daar moeilikheid. Want gewoonlik probeer 'n leeu terwyl hy in 'n bos is of 'nruig strook of so probeer hy altyd wegkom en vlug en so en dan is hy nie so kwaai nie. En hy kies toe vlak en so 'n entjie op die vlak toe vra ek vir die Boesmans of hy nou draf of stap of wat, toe sê hulle nee hy loop stadig, toe sê ek vir hulle, “Mense, julle moet oppas, hierdie leeu lê net hier iewers” en ek vertel toe die outatjie agter die wiel hy moet baie versigtig wees en hy moet op hulle hakke ry ingeval die leeu uitspring en so.

 

En ons het, iewers het die spoor weer weggeraak en met die soekery van die spoor toe stopons die kar en so aan, en toe kry hulle weer die spoor en hulle is ongeveer so twintig, dertig treë weg voor enne toe kyk ek op en ek sê vir Mapute hy moet start en ry. Net toe ek vir hom sê om te start toe sien ek die leeu se maanhare tussen die gras uitkom.enne hy sak toe vinnig weer en hy maak hom toe reg om op die voorste Boesman te spring. En ek skree vir hom, ek sê”Ncube, hardloop! Pasop die leeu is by julle, hy gaan op julle spring!” En die Boesmans is oormekaar, want hulle kan hoor ek is baie ernstig. Gelukkig het die leeu nie gespring nie en hy lê toe tussen die bosse, ons ry toe 'n bietjie nader en ek skiet toe, seker so 'n distansie van 30 treë en toe ek hom skiet, toe spring hy in die lug, seker so tien voet en hy val af en net toe hy val toe staan hy weer op en ek skiet weer 'n skot en toe lê hy. En ek is toe so in my noppies en in my skik met die groot leeu en ek spring toe van die bakkie af, twee van die Boesmans saam met my en ek stap toe na die leeu toe. En die klongetjie wat die bakkie bestuur het was vreeslik bang, hy sê toe vir my “Baas, jy moet oppas, daai leeu is nie dood nie.”Ons kom toe by die leeu en die leeu lê toe en roggel en jy kan sien hy haal nog asem en doen maar ek dog toe dis seker maar sy laaste styftrekkings, hy is seker klaar dood.

 

Enne die outatjie sê vir my, hy sê “Baas, jong die leeu kyk vir jou, hardloop, pasop”. Ek sê “Nee man” en ek lag toe vir hom, maar ek kannie die leeu se gesig sien nie, want hy't platgeval en sy maanhaar lê toe heeltemal oor sy kop en oor sy oë, alles is toe. En ek staan toe nog so en kyk so af na die leeu, toe sal ek nou agterkom maar die leeu lê en kyk mos vir my, so onderdeur die maanhare. Enne die een Boesman staan met die .22 in sy hande. En ek sê vir hom “Qoma, gee vir my die .22” en ek dog toe ek gaan hom laai en sommer die geweer teen sy kop druk en hom doodskiet. En die geweer was op “safe” gewees, hy was toe nie oorgehaal nie, en ek staan en toe ek nog so staan en sukkel toe gee die leeu twee brulle en hy spring op. En ons hardloop, gooi die .22 dat hy daar trek en die een ou Boesman hardloop voor my, Qoma was die Boesman se naam, ek sê “Qoma gee pad voor my!” Gelukkig hardloop hy agter om die bakkie en ek weet tot vandag toe nog nie hoe't ek in die bak beland nie, maar ek glo, ek dink die Boesman het my gesê ek het een trap voor die bakkie gegee en die volgende een op die tralies en binne-in die bak. En toe ek in die bak beland gee die een, die drywer, die Bantoetjie, vir my die geweer, hy sê “Baas,” dit was 'n 303 gewees, hy sê “Baas, skiet gou, hy's klaar gelaai.” En ek vat die geweer en ek bring hom net so af en ek skiet die leeu langs die bakkie dood.

 

* * * * * * * * * *

 

Man, ons het, almal het al seker gehoor en self gesien hoe goed kan Boesmans in gate kruip en so aan, en ek het met die beestrek het jy ook heelwat tyd gehad om 'n bietjie sports te maak met die Boesmans en goed. Enne toe't hulle my vertel van die erdvarkgatspoor/agterstevoor? Inkruipery, en ek kon dit nie glo nie.

 

Vraag:  Om wat te maak?

WdG:  Om ystervarke binne in die gat te vang, om te eet op die pad. En eendag toe belowe ek hulle ek weet nie meer wat nie, ek sal hulle iets gee om, tien rand of so iets, as hulle vir my 'n ystervark uit 'n gat uithaal. Enne toe't ons by 'n groot gat gekom en die Boesmans wat saam met my gery het met die trok het die gat toe gekry, hy sê “Baas, dis die regte gat hierdie.” En ons het daar gewag vir die bees, en toe die bees kom toe't hulle gou-gou 'n paar Boesmans bymekaar gekry en toe't hulle in die gat ingegaan, nie lank nie, toe bring hulle die ystervark uit en toe stel ek vreeslik belang om self in te gaan. En eendag toe kom ons weer by 'n gat, toe sê ek vir hulle nee, maar ek wil saam met hulle gaan. Vertel hulle my die hele storie hoe hulle hulle gryp en so aan. Toe sê ek nee, maar....toe sê hulle “Baas, jy moet voor gaan. ”Ek sê nee, ek gaan nie voor nie, ek sal tweede gaan, net agter die voorste ou. Nou hulle maak 'n, dit hang af hoe diep die gat is, partykeer gaan sos es in, partykeer tien Boesmans, partykeer tot veertien, vyftien. Hoe dieper die gat is, hoe meer Boesmans gaan in, en die rede daarvoor is elke Boesman, die voorste Boesman kruip in, dan lê hy plat. Dan vat die agter ene sy voete, agter, dan kruip hy tot sy arms gebuig is tot by die voorste Boesman se voete en dan lê hy so. En dan kom die volgende Boesman, nee dan gaan die voorste Boesman, kruip hy weer vorentoe, tot die een wat agter hom is se arms reguit is. Enne dan kom die tweede een nou weer nader. Sy arms gebuig, en dan gaan die volgende Boesman agter in. Dis maar net lat die Boesmans moet die voorste ene se bene houvas, ingeval daar iets gebeur en hom agteruit te trek. En toe't ek tweede gegaan, die Boesman voor my het reguit gaan lê, 'n entjie in die gat, en ek het agter hom gekruip enne ek dink, ja ons het 'n boksie vuurhoutjies gehad, en hy't my alles vertel, want ek kan goed Boesmantaal praat, verstaan en doen, wat ek moet doen en so aan, en ek dink die gat, ons was ongeveer tien of elf wat in die gat ingegaan het, enne met die kruipery het ons elke keer nader en dieper en dieper in die gat gegaan, tot ons naby die ystervarke is en gewoonlik is die ystervarke baie mak in die gat omrede dit donker is en dis sy tuiste en hy's seker maar gewoond niks hinder hom daarbinne nie, enne toe ons nou naby die gat kom toe sê hy vir my “Baas, ons is nou by die gat” en so aan, nou moet ons baie stadig en versigtig gaan en dan kruip hy vorentoe tot my arms reguit is dan lê hy stil en dan kom ek weer nader, tot my arms gebuig is en die volgende een agter my kom weer nader en so volg ons mekaar op. En toe ons nou by die plek kom, by die ent sal ek maar sê, die kamer van die ystervarke wat hulle sê, toe stop die Boesman en toe skuif hy sand vorentoe. En ek moes toe vir hom sand van my kant af vorentoe stoot en hy't dit by my aangevat en al vorentoe gestoot tot hy nou die ystervarke vasgedruk het anderkant met die sand. Enne toe het hy sy knipmes uitgehaal of hy't my knipmes geleen, en sy arms deur die sand gesteek en daar waar die ystervark vasgepen met die sand lê het hy hom in die keel onder geveol-voel tot hy by sy keel uitkom en die mes oopgemaak en die ystervark se keel afgesny. Al die sand weer weggehaal en toe't ons maar weer so uitgekom, die agterste Boesman het agteruit, nee die ene buite die gat het die ene voor hom gevat en getrek dat sy arms reguit is, en hom vasgehou. Hy het weer die ene voor hom gevat en almal lê nou met geboë arms, en getrek tot hy reguit lê, en so het ons mekaar geterk-trek elke keer 'n paar voet tot ons uit die gat is.

 

Vraag:  Maar jy sê party kamers is net so groot soos 'n huis.

WdG:  Ja, baie van die kamers is omtrent, party van hulle kan jy regop staan binne-in, maar dis maar net as gevolg van die sand wat los is en in-val en elke keer haal die ystervarke dit weer uit.

 

Vraag:  Nou sien jy dit sommer in 'n gewone gat ook, of moet die gat nou vreeslik groot wees om in te gaan? Party ystervarkgate is mos sommer so 'n klein tonnel.

WdG:  Maar ek het gewoonlik die ystervark rêrig die gat waarin hulle bly is gewoonlik 'n groot gat. Hierdie kleintjies is nou maar net wat hulle grawe en...

 

Vraag:  Wie grawe dit so groot soos 'n kamer, is dit nou die ystervark self?

WdG:  Ja, kyk die ystervarke grawe nou nie so groot nie, maar party plekke is die sand nou los en as huille nou klaar gegrawe het dan val van die boonste sand wat nou los is van die gat sommer vanself want die sand val in. Dan haal die ystervarke nou die sand uit en dan elke keer val hy in en val hy in tot hy naderhand so, party plekke kan jy sit, party plekke kan jy regop staan binnekant.

 

Vraag:  Ek het dit nooit geweet nie. En die erdevarkgat?

WdG:  Dis almal maar dieselfde, min of meer dieselfde.

 

Vraag:  Maar vat die ystervarke sommer erdevarkgat?

WdG:  Ja, hulle grawe self gate, ek dink maar so, ek sal nie sê hulle het 'n spesifieke gat of so nie.

 

Vraag:  Het jy al so een gesien, Annatjie, so 'n ystervarkgat?

AdG:  Nie binne-in nie. Ek het nog nooit een kon sien wat ek kan sien ... hoe weet jy nou buite dis 'n ystervarkgat?

WdG:  Nee, jy kom dadelik agter as dit 'n ystervarkgat is, jy sien die penne lê voor die gat en sulke dinge. Die penne val mos uit en so.

 

* * * * * * * * * *

 

Vraag:  Willie, wat van vetdermpie stop?

AdG:  Nee, man!

WdG:  Nee, so in die veld as jy beestrek het jy baie om te doen, en ek is lief om my eie kos te maak in die veld, en toe het ek eendag besluit, ek is baie lief vir murgbene, lewers en sulke goed, en toe ek klein was het ek self skilpaaie geëet en allerhande goggas, miswurms wat jy uit die krale uitgrawe en so aan...

 

Vraag:  Geëet?

WdG:  ...bakoorjakkals het ek saam met hulle geëet enne op die pad met die skietery en goed het ek eendag omdat ek baie lief is vir 'n vetderm om 'n vetderm te eet, het ek besluit om die ding bietjie te maak en op te stop en 'n soort van 'n wors met hom te maak. En toe't ek maar begin, en met die tyd het ek maar bygelas en kruie en goed bygelas, enne nou wil Willemein seker die resep hê van die vetderm!

 

Vraag:  Maar wat is die vetderm, hoe lyk hy?

WdG:  Die vetderm is die dikderm van 'n dier, van 'n bok of iets. Enne wat die mis van die bok in is. Enne die lekkerste vetderm vir die opgestopte vetderm wat ek maak is eintlik 'n gemsbokderm, ek weet nie hoekom nie, ek dink hy's 'n bietjie sterker as die ander derms, as 'n hartbees en so aan. Enne my resep vir die ding is maar net gewoonlik as ek 'n bok skiet dan sny ek die binnekantste vleisies teen die rug en ek dink wat hulle noem die fillet diè vat ek en dan sny ek dit in klein stukkies op met die mes, kerf dit op 'n plank of soiets, enne dan vat ek van die lewer 'n stukkie, en ek kerf...ek vat natuurlik nie baie lewer nie anderste smaak hy te veel na lewer, want lewer is baie sterk, sterk geur, en 'n smaak...en dan vat ek van die lewer 'n stukkie, van die niertjie 'n stukkie, en dan nog 'n stukkie vleis by, en dan vat ek...

 

Vraag:  Van die hart?

WdG:  ...en van die hart sny ek ook fyn, enne dan vat ek 'n paar artappels en die kerf ek fyn en 'n paar uie kerf ek baie fyn, en dan vat ek van die murgbene 'n paar van die groot murgbene, kap ek die oop en ek gooi dit daarin, en dan natuurlik die enigste vet wat jy in 'n wildsbok kan gebruik vir soiets is die vet aan die bors, omrede die ander vet sit aan die verhemelte vas en so aan as dit bietjie droog word. Enne gooi jy natuurlik jou kruie in net soos jy daarvan hou...

 

Vraag:  Jy moet sê wat gooi jy alles in.

WdG:  Jy gooi bietjie peri-peri, dit hang af of jy van hom sterk hou, ek hou van hom 'n bietjie sterk, gooi heelwat rooipeper peri-peri en dan gooi ek 'n bietjie tamatiesous, worcestersous, klein bietjie sout in, en dan meng ek dit en natuurlik 'n bietjie chutney. Chutney is baie belangrik want chutney gee 'n lekker smaak. En dan roer jy hom maar net baie deeglik deur en danne die vetderm is, jy moet natuurlik die vetderm nie ophang dat hy droog word of so nie, want dan kan hy nie lekker rek nie. Wat ek doen, ek gooi die, sodra ek die bok geslag het gooi ek dadelik die vetderm in water lat hy klam bly en dan knoop ek hom net aan die anderkant en ek steek 'n stokkie deur om hom toe te maak…

 

Vraag:  En jy draai hom om ook of iets?

WdG:  Ja, jy dop hom natuurlik uit, ek het gedog julle weet dit. Enne dan vat jy al die goed en jy gooi dit daarin, stop hom nou lekker toe, dan knoop jy die anderkant toe dat hy lyk soos 'n poloney, 'n wors...

 

Vraag:  Hoelank is hy dan omtrent?

WdG:  Dit hang af, maar jy kan hom vreeslik...'n vetderm is vreeslik lank, jy kan hom baie lank maak.

 

Vraag:  As hy te lank word, dan bars hy nie?

WdG:  Maar, nee, dit hang af van jou rooster, maar hy's ongeveer so 'n vier voet, drie-vier voet, enne in deursnee is hy ongeveer wat, vier duim omtrent, na hy opgestop is. Enne dan gooi jy hom op jou rooster, enne jy braai hom, maar jy moet hom vreeslik stadig braai, die kole moet baie flou wees anderste brand die derm deur en dan is dit 'n hele flop dan loop al jou sous en soppe en goed uit. Jy braai hom ongeveer so twee ure voor hy gaar is.

 

* * * * * * * * * *

 

WdG:  ...hier kry ek my ou vroutjie snik, en uitasem en word flou...

 

Vraag:  Wat het gebeur, het julle gaan trek net nadat julle getroud is?

WdG:  Ons was so drie maande getroud...

 

Vraag:  En toe?

AdG:  En toe kom die Boesmans in die nag by Willie, daar's leeus, en hy spring daar op en vergeet skoon hy's getroud en hy klim in die kar en hy ry. Maar hulle sê die leeu is net hier by die kraal. En hy jaag weg en ek lê daar onder 'n ou muskietnet en wag en wag en wag wanneer gaan die ou leeu my nou bestorm en toe hy terugkom toe sê hy o hene, hy't skoon van my vergeet, maar gelukkig is die leeu darem so groot hy kan darem nie deur die gaatjies van die muskietnet ingekom het nie!

 

WdG:  Willemien, het ek jou al ooit vertel van die skoot toe die klomp Koelies by my aangekom het?

 

Vraag:  Ehe.

WdG:  Man, ek het eendag, ja ek het beesgetrek, van Ghanzi af Malopo-toe en toe bring ek weer 'n klomp verse, aanteelbees van Malopo af terug Ghanzi-toe. En op die pad, of nee, ek het die aand by die kraal geslaap, en die oggend baie vroeg, seker ongeveer vieruur so vyfuur se kant, toe brul daar 'n leeu sommer by die kraal. Maar aan die brul kan ons agterkom dat hy kom met die pad aangestap. Ons klim toe in die bakkie met die spotlight en ons ry toe 'n ent met die pad op maar ons kon hom toe nie sien nie.

 

Vraag:  Wie's dit nou, jy en die Boesmans?

WdG:  Ek en die Boesmans, ja. Enne ons kom toe terug, ek sê toe vir hulle hulle moet nou maar almal wakker wees en groot vure gaan maak om die kraal, swepe geklap dat die leeu nou nie kom en die beeste skrikmaak om uit te spring nie.en toe dit net so begin dagbreek toe vat ek die bakkie en ek vat toe drie of vier van die spoorsnyers en ek ry toe. Toe ons by, seker, die leeus het seker so ongeveer vier-vyfhonderd treë van die beeskraal af, het hy afgedraai, en 'n ander koers ingeslaan, seker die lawaai van die Boesmans en die groot vure gesien, enne toe ek uitdraai uit die pad uit toe's my brandstof op. En ek maak toe die drom agter oop, vol drom petrol agter op, om die bakkie vol te maak en toe sal ek nou agterkom dis 'n drom paraffien! Toe staan ek nou in die veld sonder petrol, op die leeuspoor. En ek besluit toe, o ja, terwyl ek so met die bakkie sukkel toe hoor ek die leeu brul, maar sommer by ons, en ek besluit toe ek gaan hom met die voet agternasit.

 

Enne ek en die Boesmans is toe op die spoor en seker elke vyf of tien minute dan brul die leeu maar ons kry hom net nie ingehaal nie. Begin toe later draf op die spoor, lekker gereën die nag en klink die leeu se brul ekstra hard, enne ek dink ons het home een plek gesien ja, of een van die Boesmans het hom gesien, maar hy het ons toe ontglip. En later moedeloos draai ek toe om en ek stap terug, en toe ek in die pad kom toe kry ek 'n lorrie net by my bakkie wat uitgedraai het en 'n as gebreek het. En ek gaan toe soontoe en hy't 'n Bantoedrywer, 'n bestuurder gehad. Hy sê vir my “Baas, ek het hier uitgedraai en so aan, en toe breek ek die as.” Ek sê vir hom “Man jy's mos mal, hoe kan jy hier uitdraai? Met 'n lorrie, jy kan mos sien die sand is te swaar en die wal was te hoog hier langs die pad.” En ek staan toe nog so en gesels toe sien ek hier kom 'n bakkie uit die veld aangery. Enne ek sien toe maar daar's 'n paar, twee Koelies in, of Indiane ...

 

Vraag:  Indiërs

WdG:  Indiërs. Enne die Koelies kom stop toe by my en hulle klim toe uit en so. Ek sê “Mense ek is nou in die moeilikheid, ek staan hier, ek trek beeste, en ek het nie brandstof nie. Kan julle my nie help nie? Hulle sê ja seker, maar ek moet net wag, hulle leier kom nog agteraan. Enne ek gesels toe so bietjie, hulle is baie vriendelik met my, en bied my toe koeldrank aan, vra toe wat doen ek en so aan en ek vertel hulle toe nee ek trek beeste en so aan. Enne hulle vra toe vir my of ek nie leeus gewaar het op die pad nie. Ek sê “Ja, baie, ek het sewe geskiet hierdie trek. En ek was nou op 'n leeuspoor, ek kom nou net terug maar my bakkie staan sonder brandstof. Hulle sê “Wat! Kan jy hom vir my gaan wys?” Ek sê “Ja, natuurlik, ek kom nou van die ... Hulle sê “Dit kannie wees nie. Maar ek wil net weet vir die leier, hy sal nou kom.” So 'n rukkie gewag, toe kom daar nog drie of vier bakkies, toe sal ek nou uitvind die klomp is op 'n jag uit.

 

Vraag:  Waar's dit Willie?

WdG:  Dis hier in die Kalahari, dis ongeveer halfpad tussen Ghanzi en Lobatse, dis net anderkant vyftien myl, ons noem die, daar's so 'n koppie, 'n “cutting” op die pad, deur 'n koppie, enne Phalamakoeia was die plek, net daar naby. Enne die Koelies klim toe uit, baie vriendelik, groet my toe, vra my toe wie ek is, en ek vertel hom toe nee, ek is De Graaff van Ghanzi en so aan. Hy sê nee maar hy ken 'n ou baie goed, sy familie bly ook in Ghanzi, 'n man wat op die grens is. Toe sal ek nou agterkom dis my swaer wat, maar hy's so vriendelik en hy sê toe nee, hy sal vir my brandstof gee en so aan. Die ander Koelie kom toe en hy sê “Jong, hierdie man was nou op 'n leeuspoor, hy het nou net terug gekom.” Hy sê “Wat! Was jy op 'n leeuspoor?” Enne ek sê vir hom “Ja.” Hy sê “Sal jy vir my gaan wys?” Ek sê “Ja, ek sal jou die spoor wys.” Hy sê “Nee, maar jy moet saam met ons gaan, ons wil die leeu skiet.” Ek sê “Nee ek het nie tyd nie. Ek moet ry, my bees is voor.” “Nee, asseblief,” sê hulle, ek moet nou net saamgaan en so. Hulle praat my toe later om, sê toe hulle sal my 'n hele drom petrol verniet gee as ons die leeu skiet. Nou kan hulle nie glo ons sal die leeu skiet nie.

 

Die een sê toe vir my hy sê “Willie, Mnr De Graaff, weet jy ons het nou sewe jaar wat ons elke jaar hier in die Kalahari kom jag en elke jaar neem ons 'n lisensie uit vir 'n leeu, hy sê ons het nog nie een leeu gesien nie.” Hy sê “Hier is nie leeus nie.” Hy sê “En as jy hierd ie leeu vandag skiet kan jy my in my garage in Mafikeng (Hy't 'n groot besigheid in Mafikeng) kan jy kry net wat jy wil. Ek sê vir hom, “Goed ek sal.” Hy sê maar op die pad kan hy nie glo nie, hy sê ”Gaan ons hom skiet?” Ek sê “Ja man, dis niks nie, ons gaan hom nou net skiet.” En nou wil hulle by my weet hoe lank, vyf minute, tien minute, ek sê “nee, ek kannie sê nie. Dit kan ons 'n halfuur vat, dit kan ons 'n uur vat, dit kan ons twee, drie ure vat, dit kan ons die heeldag vat,” ek sê ”Maar ek reken ons gaan hom gou skiet.” En ons kom toe op, ek vat toe twee van die Boesmans op die spoor enne so 'n ent gejaag toe kry ons die leeu. Of nee, skoon vergeet, ons kry toe eers 'n papwiel op die pad. Enne toe sal hulle nou agterkom hulle het nie 'n domkrag nie, en hulle, ja hulle het nie 'n domkrag nie en hulle het nie 'n wielspanner nie. Enne nou weet hulle nie wat om te doen nie. Ons is gelukkig toe met twee bakkies. Nee, sê hulle, ons moet met een bakkie, maar dan moet die helfte agterbly want almal kan nie op die en bakkie nie. Daar was seker 'n stuk of, ek dink dertien of vyftien gewere, en 'n stuk of 20 Koelies op die bakkies. Enne ek sê “Maar het julle dan nie patch en solution op die karre?” “Ja” sê die Koelie “maar wat help dit.” Ek sê “Maar gee dit, dan maak ons gou die wiel reg.” “Nee,” sê hulle, “Hoe kan jy die wiel reg maak as jy nie 'n domkrag en 'n wielspanner het nie?” Ek sê “Man, ons trek die band net so van die rim, ons sit maar 'n paal onder, dan grawe ons die wiel uit en dan maak ons die tyre los en ons haal die band los net so aan die bakkie. Dan maak ons hom reg en dan sit ons hom in. En ek het die ding ingesit en reg gemaak en aangesit en die Koelies het net so verwonderd gestaan, hulle sê “Mense, julle is, ons kan nou darem sien julle is darem regte Kalaharimense, julle kom uit die Kalahari uit!”

 

Ons is toe weer in die bakkie weg op die leeuspoor en so ent gery toe kry ons, sien ons die leeu. Ons jaag toe, ek bestuur toe die een bakkie, en ek keer toe die leeu, seker so twintig treë agter 'n bos gan lê hy toe. Nou wil hulle almal by my weet of hulle moet skiet en so. En ek sê “Skiet, natuurlik moet julle skiet.” Enne, nee maar ek moet bietjie terugstoot want die leeu is te naby. Ek sê “Man, skiet, die leeu gaan nou net storm en ons is baie mense.” En toe's dit oorlog, jy hoor net skote gaan, en hulle skiet en hulle skiet, en die leeu brul. Ek sê “Mense, skiet die leeu dood!” Enne ek klim toe later uit die bakkie, ek stap toe so 'n ent weg. Hulle sê “Asseblief, kom klim op!” Ek sê “Man. Los die leeu, klim af en gaan skiet die ding dood.” En toe's die leeus se rug al af, paar skote deur die ore, paar deur die stert geskiet, deur die...

 

Vraag:  Deur die stert, Willie?

WdG:  Deur die stert, deur die pens, deur die ore en orals waar 'n plekkie was, het hulle geskiet. En ek stap toe na die leeu, kom staan by hom, dan beweeg hy, en tel sy kop op, maar hy kan absoluut niks doen nie, want sy blaaie is altwee af, sy rug is af en orals is kwesplek. Ek dink na ons hom geskiet het, toe hy dood was, het ons getel, daar was negentien skote deur hom. En ek vat toe later die geweer by een ek druk die geweer teen die leeu se kop en ek skiet hom dood, want ek het die arme ding te jammer gekry. En toe sal die klomp Koelies nou daar afspring en op my aftorm en die een soen my en die ander ene druk my en hulle gaat aan en ek staan en spook om die Koelies weg te kry wat my daar omhels en tekere gaan, enne dis net te vreeslik. Terug by die kamp, nee ek sal nooit kan weg kom nie, ek moet nou vanaand by hulle eet, kerriekos, en bad, ek het my staan en verwonder daar's 'n bak  met seker 'n by die twintig kerriehoenders in en vleise en bokke staan onder die bome vasgemaak en by elke bos staan 'n klomp hoenders aan 'n stuk tou om die bene vas gemaak, en toe bring ek die aand maar deur by hulle en eet die lekker kerriekos, 'n paar biere gedrink en ek is net die manne se hero. Na so 'n ruk toe is die jag nou op 'n ent en ek is toe weg.

 

Toe gaan ek terug en orals waar ek kom, ken die Koelies my. Ek kom toe by die ou Dada wat die beisgheid het in Mafikeng enne toe ek by die deur instap kom hy aan en hy sien my. Hy sê “Willie, is dit jy?” Ek sê “Ja.” Hy sê “My wêreld!” en hy roep al sy mense wat vir hom werk, hy't seker 'n stuk 30/40 werksmense, he sê “Mense, kom hier, kom ontmoet hierdie wilde man.” Hy sê “Weet julle wat, hierdie man breek 'n leeu se bek met sy hande oop!” Ek sê vir hom “Nee, man!” Hy sê “Wat het jy kom maak, het jy vir my kom kuier?” Ek sê “Nee man, ek soek 'n ratkas vir my lorrie, die ratkas het gebreek.” Hy sê “Kom hier, kom hier, ek wil jou een wys.” Hy wys my toe agter in sy werksplek een wat daar staan, feitlik splinternuut, die ratkas kos seker by die elf-, twaalfhonderd rand enne hy sê vir my “Is dit die regte een?” Ek sê “Ja” enne hy sê “Laai hom in!” Laai hom toe op en ek gaat toe na hom toe met die hoop dat hy sal my darem nou nie teveel vra nie, want gewoonlik vra jy darem eers wat kos 'n ding voor jy hom oplaai, enne ek vra vir hom wat vra hy, hy sê “Nee man, vat die ding!”, gee hy my die ratkas verniet.

 

 

* * * * * * * * * *

 

AdG:  Vertel van die keer wat julle hier deur Botswana?????

WdG:  Ja, maar dis nou nie 'n storie wat ek hier oor die eh ...

WdG:  Ons was klein gewees en toe's ons oppad Rhodesië-toe hier van Botswana uit Ghanzi uit enne ek het die vragmotor bestuur ...

 

Vraag:  Het julle gaan vakansie hou?

WdG:  Ja, ons het bietjie Victoria watervalle-toe gegaan. Ek het baie kennis van leeus en wildsbokke en goed maar ek het nog nooit in my lewe in daai stadium 'n olifant gesien nie. Omrede ek was te lief vir die boerdery en het ek nooit van die plaas af weggegaan nie en wanneer die ander mense op vakansie gaan het ek maar altyd op die plaas gebly. En die trippie het 'n paar van my neefs gekom uit die Republiek en hulle het toe saamgegaan en my pa het ook vir 'n verandering ook saamgegaan. En hy het toe gesoebat ek moet ook saamgaan anders gaan hy nie. Nou ja, terwille van die familie toe gaan ek maar saam. Ons kom in Maun, en toe daarvandaan nou deur die, kry ons 'n padkaart deur die wildreser... reserve, die Chobe deur en so aan, op pad Kasane, die grens tussen Rhodesië en Botswana en dan daArvandaan watervalle-toe. Enne ons het ons bietjie misgis met die tyd, en daai tyd mog jy nog nie in die nag op pad geslaap het nie. Jy't sekere punte gehad wat jy moet haal voor dit donker is voor jy kan slaap. Enne ons is toe op pad, en toe raak dit donker enne honderde olifante gesien, en my tante het langs my gesit, tannie Davina, en sy was so bang, en ek mag nie stop nie, by die olifante nie, jy kan behoorlik die ding sien dan moet jy weer ry en ons is almal vies en ek het al my vererg vir die mense wat so bang is, die ou mense wat altyd vertel hulle was so rof en so dit, en nou is hulle so bang, jy mag nie olifante kyk nie!

 

Enne ons is toe weg, en ewe skielik toe ry ons tussen, in die donker ry ons tussen 'n trop olifante in. En die goed is net ene stof, jy kannie voor jou sien nie en ek trap briek en stop, om jou hardloop die olifante, agter die lorrie verby, voor die lorrie om, en almal gil en skree en gaat aan en val plat agter op die lorrie enne ek het voor gery, my pa het met die bakkie agterna gekom. Toe hy by ons kom stop toe vertel ons hom die hele storie. Hy sê “Mense,” die oumense is toe vreeslik bekommerd oor die storie, hy sê “Luister hier, ek dink die heel beste vir ons is ons ry 'n entjie en waar ons 'n vlak kry dan stop ons en dan slaap ons. Netnou ry ons binne in 'n olifant in en dan's dit 'n hengse gemors.” Nou ons het so 'n entjie gery en toe kry ons 'n opening en daar stop ons toe, nou moet ons slaap en doen. Ek en my neef Hennie en Bertie stap toe bossie-toe of toilet-toe, enne nouja, ons was net mooi gaan sit, toe trompet die olifant seker so 'n veertien, twintig, dit het gevoel of die ding bo-opons trompet. En ons is toe daar halfbroek aan en almal storm daar na die lorrie-toe en almal skree en gaat aan, enne ons spring toe voor in die lorrie en die ander klomp is styf teen die lorrie se relings en my pa sit voor in die bakkie met die radio aan so hard as wat hy kan, die oumense is mos bietjie doof, ruite is opgedraai want die ander mense hinder hom, hy wil nou nuus luister.

 

Enne Bertie, my jonger broertjie kom staan voor die deur, of hy ruk die deur oop en hy sê “Pa, skuif soontoe, skuif soontoe!” My pa sê “My liewe kind, wat gaan aan?” Hy sê “Al die mense is al op die lorrie, moet ek maar vrek, nou staan ek voor die bakkie se deur!” My pa sit die radio af, hy sê “Wat gaan aan, kind?” Hy sê “Pa, hoor hoe trompet die olifant, hulle gaan ons opvreet!” My pa sien toe wat gaan aan agter op die lorrie, ek kry so lag as ek terugdink een die storie, want toe trek my pa nou die bakkie langs die lorrie ingeval die olifante besluit om die bakkie om te gooi dan gooi hulle hom darem teen die lorrie om, dan kan hy nie omval nie. En ek slaap toe voor in die lorrie en my ma en my tannie slaap agterop enne ons mag nie 'n tree loop nie, almal wat behoefte het of iets moet doen, moet alles onder die lorrie doen, en ek sien toe nie kans daarvoor nie, en daaroor is my tante toe in trane oor ek 'n entjie geloop het, maar in elk geval toe ek terugkom toe lê en luister ek nou voor in die lorrie die hele gedoente. Ja, orals trompet die olifant rondom die lorrie, en dit gaan aan. Bertie het toe in 'n karton ingeklim en daar lê hy, want 'n doos is darem redelike beskutting vir die olifante! Enne Wiena, my jongste sussie sê “Mamma, het mamma nie die bybel saam gebring, kan ons nie 'n stukkie lees nie?” En ons het 'n klein klongetjie agter op die bakkie gehad, en hy spring van die kar af en hardloop na die lorrie toe, hy sê “Vang vang vang my komberse.” hy sê “Hierdie klein karretjie help fokol vir die olifante!”...

 

Nee ons het toe maar op die ou ent, ek weet nie die ander nie, maar ek het toe maar aan die slaap geraak, kort-kort wakker geword en so aan en die volgende oggend toe sal ons nou agterkom ons het net mooi by 'n pan water het ons gaan kamp en dis nou die drinkplek van al die olifante. Dis mos hoekom ek sê die oumense van vandag lieg ook maar almal baie, want kyk nou daai trippie, hulle is nou die mense wat die goed moet ken  en so aan wat vir ons moet touwys maak en hulle's die bangste van die hele lot!” Ag wat, ek neem hulle nie kwalik nie, ek sal seker ook maar eendag vir my kinders so lieg!

 

* * * * * * * * * *

 

AdG:  Daar's toe 'n lekker kompetisie gees tussen almal, seker so agt, nege lorries saam...??? en Dawid en Lampie elkeen met sy eie lorrie en Braampie dink ek het saam met iemand gery, weet nie saam met wie nie, enne toe ons nou wou gaan beeste aflaai in die vendusiekrale, toe's al die krale vol en Lampie het die hek gesluit van die laaste kraal, toe sê hy ja, niemand kom voor hom aflaai nie, hy laai eerste af en hy's eerste weg, hy't'n hengse slot aan die hek. En toe kom ons na die tyd, toe's alles toegesluit met die gevolg hy konnie aflaai nie, hy moes toe in die bekkrale gaan aflaai. En hy was verskriklik kwaad vir Lampie want hy het toe wilde beeste op van sy pa en hy jaag toe maar in. Die volgende môre vroeg agtuur toe bek almal en hul vertrek van die vendusiekrale en Willie dag toe hy kan nou eerste ry want sy beeste staan in die bekkraal en toe ons daar kom toe's al die beeste uit en hy't die hele Kamp deurgesoek en bymekaar gemaak en eers twalfuur die nag het ons die laaste bees, het almal is toe al weg en Willie sê “Ag Lampie en Dawid is seker al by Kang verby en by Palamakoea...” Elke uur sê hy “Nou's hulle daar, nou's hulle daar en hier sit ons nog! Dis Lampie se skuld, as Lampie nou nie dit gedoen het nie, dan was ons nou ookal daar gewees.”

 

En ons ry, Johannes/hotnot dryf toe en ek en hy lê heel agter bo-op die carrier, bagasierak, lê ons toe nou en slaap. En ons ry toe deur die nag en die volgende môre, daar staan die lorrie, en hy wil nie vorentoe of agtertoe nie, toe het die diff of iets gebreek. En Willie is so moedeloos hy sê ”Nou nog dit ook,” en hy kyk so op en doer in die pad kom so 'n stippeltjie aan, he sê “Maar wie kom daar aangestap, 'n outjie met 'n kussing in sy hand?” en Johannes sê “Baas, dis Brampie.” Willie sê “Braampie, wat sal hy hier maak?” Johannes sê “Baas, ons is netnou toe dit donker was, is ons daar anderkant verby Lampie Baas Lampie en Baas Dawid, hulle het ons gestop, maar ek het nie gestop nie, want ons is te haastig.” Toe's hulle vasgeval ????? En hy's so bly en hy lag, hy sê “Wil jy vir my sê ons het hulle verbygegaan?” Johannes sê: “Ja, en ek het nie vir hulle gestop nie, ons is nou voor al is ons lorrie stukkend!” En ou Braampie kom van voor af ?????

 

WdG:  En ek lag! Toe't ??? gaan vasval in die pad, kom hy aangestap.

AdG:  Hy sê hy't net 'n kussing gegryp van die lorrie af, want hy ry toe saam met die outa ...

WdG:  En ek lag tog te lekker, want die lorrie sit almal vas en die ou bakkie van die outa, daai outa kannie bestuur nie ...

AdG:  En ons besluit toe ons ry ook saam met die outa met sy bakkie,maar dit het niks gehelp nie, want die ding, die petrol was vuil, en ons het seker twee, drie dae gery tot in Lobatse, maar Lampie en Dawid het ons nooit verbygegaan nie! Hulle het eers 'n part gaan soek vir die lorrie, toe diè reggemaak en toe gery.

 

Vraag:  Wat word van die bees intussen?

AdG:  Hulle moet maar staan ... partymaal as iemand vir hulle omgee kry hulle so bietjie gras of iets, verder niks. Partykeer as 'n lorrie nou regtig stukkend is, laai hulle hulle af en jaag hulle aan na die naaste kraal toe.

 

Vraag:  Hoe oud was Neeltjie toe julle die eerste keer met haar getrek het?

AdG:  Sy was 2½ maande, sy het al bors en bottel gedrink, maar op die pad het ons haar toe net oorgesit  bottel-toe. Sy't lekker bederf geraak, elke aand by Willie gesit, in sy arms, en sy het vir die vuur gesit en kyk tot sy lekker aan die slaap is want dis koud ...

 

Vraag:  Het julle in die winter getrek?

AdG:  Eh....verskriklik koud, ons het warm aangetrek, maar ek kan nie veel onthou daarvan nie, was niks swaar nie, ...

 

Vraag:  Nou hoe het jy haar bottels skoongemaak?

AdG:  Ek het Milton gehad en 'n emmertjie, so 'n emmertjie met 'n digte deksel. Maar ek wil eintlik vertel van Willie wat so lus was vir bier een slag. Daar was niks bier nie, en die naaste bottelstoor is toe baie ver. ???? om vir hom bier te maak. En al wat hy kry is 'n blikkie suurdeeg, o nee daar was seker bietjie suurdeeg en 'n blikkie perskes. Hy maak die perskes oop en hy sê hy't al gehoor hulle gooi Rice Crispies ook in, en hy't Rice Crispies daarin en water en suiker en mieliemeel en suurdeeg. En hy't groot emmer aangemaak en elke oggend dan ry ons, ons staan die oggend vroeg op dan tel hy die beeste uit, dan drink ons 'n paar koppies koffie dat die beeste bietjie wegkom, dan ry ons tot waar ons gaan stop om te eet, en dan ry ons weer daar as die Boesmans klaar geëet het so die middag en klaar gerus het, dan ry ons weer tot waar ons die aand gaan kamp opslaan. So die hele oop emmer bier moes ek die heeltyd op my skoot hou. En elke keer, so later teen die derde dag het die goed nou al lekker gis en brom, dan moet ek dit op my skoot vashou. En elke knik dan spat dit net bier, en Willie raas en ek kan niks daaraan doen nie, ek ruik later net soos die ou emmer! en toe die ou bier nou eindelik reg is toe's ons al naby 'n bottelstoor, maar een blikkie bier het toe al 65c gekos, gee hy maar sy bier vir die Boesman en ons gaan koop vir ons elkeen 'n bier vir 65c!

 

Vraag:  Waarin het julle snags geslaap met die kleintjie?

AdG:  In 'n tent, het ons Willie? O ons het pa-hulle se tent geleen, dis reg, en ek het die opvoukot, nee ek het seker nog nie die opvoukot gehad nie, Laurika het in die opvoukot geslaap, seker net so langs ons geslaap. Maar dis niks swaar of iets nie, die doeke gewas en oor die bosse gehang wag ons vir dit om droog te word en dan ...

 

Vraag:  Het jy 'n bediende gehad wat saamgegaan het?

AdG:  Ja, sy het maar net melkies gedrink ...

 

Vraag:  Het sy baie geslaap langs die pad?

AdG:  Ja, as ons ry dan slaap sy, maar ons ry ook baie. Maar sy's baie bederf, die heel tyd maar rondgedra, Willie het nie baie werk gehad nie en het gehelp kind oppas.

 

Vraag:  En hoe lank het hierdie trek geduur?

AdG:  Hoelank altyd...drie weke normaalweg, né Willie? Ag, en party poste, ek kannie dink dat ons gehad het, party poste is die tampans en die borsluise en goed so erg dat Willie het toe vir die tent, hy grou so 'n slootjie dan val hulle almal daar binne in die slootjie dan kom hulle nie in die tent nie. Dan kan hulle nie uit die sloot uitkom nie, so kom hulle nie in die tent nie.

 

* * * * * * * * * *

 

…. en Braampie en 'n Hollandertjie wat van Holland af saam met Willie gekom het en getrek het vir die interessantheid, ons het die hele dag agter die leeus aangery en later verveeld geraak, die oggend baie vroeg op die spoor uit en seker hier drie-uur, vier-uur toe is daar nog geen teken nie en elke keer sê hulle “Die leeu is net hier voor, hy's net hier voor, hy's net hier voor, die mis is warm en al wat kom is die leeu. Ons het toe later sommer belangstelling verloor, die ou Hollandertjie ook, hy klim af en hy kyk toe naby die Boesmans en hulle sê aan die spoor kan hulle dit sien. Dis nou baie naby, enige oomblik nou, en die Hollandertjie kyk daar saam met die Boesmans en skielik sien iemand hom en hy sê “Daar's hy, Baas, daar's hy!” en Brampie bestuur en hy trek weg en hy ry en niemand dink aan die arme Hollandertjie nie en hy skree agterna “Whoa, whoa, whoa” en Willie sê “Man' los hom uit, ry, ons kannie nou vir hom wag nie!” En hulle jaag agter die leeu aan, en toe sien almal hom, toe's hy net so entjie voor die kar, en almal vergeet van die arme Hollandertjie en skielik kyk ek op en sien daar kom hy aan met sulke lang boetse aan, elketree, en hy haal die bakkie in en sy oë is net so groot soos pierings en toe Willie die leeu skiet om te stop met die bakkie om die leeu te skiet is die Hollander op en hy skiet hom toe edat hy platval en die bos...o ja, o ja, toe soek ons die geweer se patrone ...

WdG:  Jy lê net hier voor ons maar hy's so ????

AdG:  Ja, in die bos, en toe soek ek mons die patrone, en Willie sê “Patrone, patrone!” nou moet ek hier grou-grou en ek kry die patrone uit en hy sê  ....

WdG:  ?????????

AdG:  Nou sien, man, dis jou storie ...

 

Vraag:  Vertel aan!

AdG:  Dan sê hy vir ons “Val die kant toe, dan sê hy “Lê plat!” dan lê ons plat dan sê hy “Staan op!” dan staan ons op, so vertel hy dit, maar hy het dit seker gedoen, want ek het nie veel gesien van die leeu voor hy dood was nie.

 

Vraag:  Was julle agterop?

AdG:  Almal agterop op die bakkie, net Braampie, Braampie die duiwel in weer, want Willie staan agterop en skiet, maar hy't seker vir ons omgegee, dis die wat hy so skree “Lê plat!”

 

* * * * * * * * * *

 

WdG:  ... sening afsny. Ek kruip toe mooi van agteraf en ons het die mes lekker skerpgemaak op 'n stuk kalkklip enne 'n paar keer gesny-sny, jy weet, ek sny, dan hardloop ek weg, kom ek weer nader, sny, sien ek later nee wat hy's onskadelik, hy probeer nie stoot of niks nie, toe sny ek sy hakskeensening af, en toe ek hom afsny, toe glip sy voet uit die draad uit maar hy kruip-kruip val-val so jy weet en hy bly lê toe  en ek sien toe neewat, hy is klaar, hy kannie wgkom nie,as sy sening af is, het hy nit drie bene en ons ry toe huistoe, en kom by die huis, ek sê vir my pa ons het 'n eland se haksskeensening afgseny, ons het hom  in die draad gejaag en hy moet kom en die ding doodskiet, en hy sê “Man, ek is nie lus vir nonsens nie,” want hy was nie in 'n goeie bui nie, hy sê waar kan nou sulke snotkinders nou 'n eland se senings hy sê “Man, voetsêk hier” sê hy vir my. Ek sê vir hom “Pa, maar rêrig.” Hy sê “Maar Willie ek is nie lus vir speletjies nie!' Ek sê vir hom en 'n ruk later stap ons toe na die Boesmans toe, vertel toe maar die Boesmans want my pa wil my net gryp hy wil nou niks hoor of niks luister nie. Ons praat toe met die Boesmans enne die Boesmantjie vertel toe vir hulle maar hulle het geglo hy lieg ook vreeslik, jy weet, wil toe nie.....Later toe sê ek vir hulle jy weet ek praat toe met hulle, ek sê vir hulle “Die eland lê daarso.” Hulle besluit toe die een wat, hy was een van die groot Boesmanas, besluit toe nee maar hulle gaan die Oubaas probeer ompraat, al gaan hy net soontoe want hulle weet toe nou ons het definatief 'n eland gesien dan sal die Oubaas dalk die eland skiet vir hulle. Oraait, en toe is ons daar in die ou Fordjie, ons is toe weg daar, enne, of nee wag, my pa het eers 'n Boesman gestuur om te gaan kyk na die, toe het ek die Boesmantjie nou die Boesman weggevat soontoe, toe kom hy terug toe sê hy vir my pa ja, ons het die eland. Enne ek glo tot vandag toe glo my pa nog nie dis ons wat daai eland se hakskeensening afgesny het, hy dink dis die Boesmans wat nou agterna gaan kyk het waar die eland is met 'n perd wat die eland nou in die draad ingejaag het. Maar dit was ek en die Boesmantjie wat sy hakskeensening afgesny het.

 

Vraag:  Het hy nie vreeslik geskop nie?

WdG:  Nee, hy't nie juis geskop nie, want jy weet sy een poot was in die draad vas – 'n eland skop natuurlik gevaarlik.

 

Onderhoud verkry uit bande (K I) (K II) (L I)

Het jy enige kommentaar oor die stuk?

Ander Ghanzi
webblaaie
bottom of page