top of page

KERKE EN GODSDIENS, BEGRAFNISSE EN GEBRUIKE.

Die kerkgeskiedenis van Ghanzi was van die begin af vol wrywing en pyn, soos dit gaan waar mense betrokke is. Die eerste inwoners het almal aan die NG kerk behoort, en het dit so gebly tot in 1918, toe Theunis Kotzè met sy familie ingetrek het vanaf Lehututu en ‘n groot omwenteling veroorsaak.

As gevolg van ondertrouery tussen NG's en Doppers en omdat daar in die vroeë jare selde besoekende predikante was, het heelparty NG mense by die sg. Doppers aansluit. Huwelike met kleurlinge het uiteindelik gevolg tot die stigting van Rusplaas as gemeente.

bottom of page