top of page

SARAH THIBI

ALLE REGTE VOORBEHOU

Geen gedeelte van hierdie materiaal mag sonder die skriftelike verlof van die samesteller

op enige wyse gereproduseer of weergegee word nie.

 

 

SARA THIBI, Ghanzi 1980

Vraag: En die volgende dag?

ST: ... die mense speel sommer die skoolsport, jy weet elke ding wat die skool speel, dan speel hulle … die oumense lê nog, net soos vandag.

 

Vraag: Het hulle parties ook gehou?

ST: Eh ... altyd parties gehou.

 

Vraag: En dan moes julle gehelp het?

ST: Ja, ons het baie gewerk by daardie mense.

 

Vraag: Nou watter soort werk?

ST: Ons het elke werk gewerk, Missie, wasgoed, die huis, aan-die-kant-maak, kosmaak, stryk, al die werke.

 

Vraag: In die môre vroeg dan moet julle koffiemaak?

ST: Koffiemaak, en hulle moet opstaan en kom kosmaak … die oumense het altyd vroeg geëet, so agt-uur dan eet hulle, een-uur dan eet hulle, in die aand dan eet hulle.

 

Vraag: Was julle darem baie mense wat gehelp werk het?

ST: Mm, partykeer ons was drie, vier ... my prys hy was 50t gewees.

 

Vraag: Vir die maand?

ST: Vir die maand.

 

Vraag: Toe jy so klein was?

ST: Ek was nie so baie klein nie, maar darem nie soos vandag ... Vyf sjieling.

 

Vraag: Maar jy het darem kos ook gekry en so aan?

ST: Ja, sewe koppie mielies, eendag boontjies, eendag mieliemeel, so het ons gekry.

 

Vraag: Maar het die oumense darem mooi vir julle gesorg met klere en goed ook?

ST: Mm, party het die klere gegee, anders kon nie ou klere vir ons gegee nie. As een vir jou ou klere gee, jy sal vir daardie ou klere werk day jy bars.

 

Vraag: Hoor hier Sara, wat kan jy nog vertel wat anders was daai tyd as wat nou vandag is?

ST: Ek kannie vir Kleinmies sê nie …

 

Vraag: As die mense siek was, wat het hulle gemaak? Watter soort medisyne?

ST: Die witmense?

 

Vraag: Ja, en julle mense ook?

ST: Jy weet, daar was nie hospitaal gewees nie, hulle gee ons sommer medisyne wat hulle ken, ek ken nie daai goed nie. Dan gaan hulle in die veld, dan kook hulle, dan gooi hulle, dan maak hulle dit koud, dan drink jy dit, dan word jy gesond.

 

Vraag: Het hulle vir julle ook gedokter?

ST: Mm, ‘n Botswana-dokter. Daar’t nie ander dokter gekom nie, ons het ook nie die dokter geken nie.

 

Vraag: Maar julle het vir die Botswana-dokter geluister, nie vir die witmense geluister nie, of wie’t vir julle gesond gemaak?

ST: Die Botswana-dokter het altyd vir ons gesond gemaak, as jy siek is. As Botswana nie vir jou help nie dan gaan jy by jou Miesies en die miesies help vir jou met medisynes so.

 

Vraag: En Mies Annie Burger, jy onthou nog vir haar en Ou miesies Sannie Lewis? Hulle was mos goed by die dokters gewees, hulle was mos medisyne-mense.

ST: Ja, …

 

Vraag: Onthou jy vir mies Annie Burger wat oubaas Jan Burger se vrou was?

ST: ... die eendag as die bobbejaan kom.

 

Vraag: Nou wat het sy gemaak as die babatjie kom?

ST: Sy’t maar net vir die vroue gesmeer ...

Onderhoud van Willemien le Roux met Sara Thibi, Ghanzi 1980

(Band K & L)

as jy enige kommentaar oor die artikel het.

Ander Ghanzi
webblaaie
bottom of page