top of page

Oor die Ghanzi-geskiedenisprojek

In die jare 80s het Willemien le Roux onderhoude met ouer Ghanzimense gevoer oor hulle lewens, dinge en families. Van daardie dae af is daar ook al op verskillende wyses moeite gedoen deur verskeie mense om foto's, staaltjies en inligting te versamel, op te tik en te orden. 

 

Die tyd het uiteindelik aangebreek om dit stuk-stuk te publiseer. Omdat dit nog 'n hele lange tyd sal wees voor dit in boek-formaat beskikbaar sal kan wees, en omdat almal haastig raak om "iets" te siene te kry, is besluit om dit solank deur middel van hierdie webwerf en samehangende Facebookblad bekend te stel.

Betrokke mense

Marinda Knuffel

Marinda is die fondsinsamelaar en 'n groot motivering vir die projek om sy momentum te hou.

Die De Graaffs

Willie, Annatjie en dogters help almal informasie bymekaar maak, help fondse werf en is spanlede van hierdie groot taak.

Pollie Jerling

 

Laurika (Pollie) Jerling het grootliks gehelp deur die berge inligting en onderhoude te help opsom en in temas te sorteer/klassifiseer. Sy was die perfekte persoon vir die taak aangesien sy self 'n Ghanzimens was, en groot belangstelling getoon het in die plek en sy geskiedenis.

 

Sy het jare lank sonder enige vergoeding of erkenning gesorg dat niks hiervan verlore gaan nie en dat feite klop. 

 

Ons hoop dat die projek gedoen word ter herrinnering aan haar toegewydheid.

Willemien le Roux

 

Marietjie Viljoen

 

Ander helpers

Buiten die aanvanklike dataversameling, is Willemien ook in beheer van verifieering van alle data, inligtingomskrywings asook  samestelling van die hele projek.

Marietjie is die groot organiseerder, kategoriseerder en bewaarder van alle rou inligting. Sy is ook in beheer van die web-samestelling, web-publikasies en verwerking van enige FB en epos-terugvoering.

Tiksters:

- Charlotte Kotze

- Beccy Jerling

- Marna & Mitz Dames

- Phia le Roux

- Annatjie de Graaff

Raak betrokke

Kontak gerus vir Annatjie de Graaf of Marinda Knuffel om te hoor hoe en waar jy deel van hierdie opwindende projek kan wees.

Hoekom so stuk-stuk

Daar was oorweeg om alles eers in een boek te publiseer, maar dit beteken dat die ouer geslag Ghanzimense dalk nie die eindproduk kon geniet nie aangesien boeke baie langer vat om gepubliseer te word. 

 

Deur van die moderne media gebruik te maak kan die inligting stuk-stuk beskikbaar gestel word. Sodoende kan meer mense deel wees van die proses, terwyl die ouer generasie ook daarin kan deel.

bottom of page