top of page

Lys van FOTO-ALBUMS

Hier onder kan 'n lys van ons beskikbaargestelde foto-albums gesien word. Kliek op 'n albumnaam om na die relevante albumin ons gallery geneem te word. Soos nuwe foto's beskikbaar gestel word sal die onderstaande lys groei. Dit sal ook op ons Facebookblad aangekondig word.

 

Die albums kan ook bereik word deur die oranje "drop-down" menu hier bo te volg.

Album 1

-Die tweeling, Ada & Ivy Burton

- Christopher Watcham

(met swart balaklava)

help Albertus bakkie stoot

- Seile span

 

A short history of Ghanzi district
Album 2

Die foto album loop hand aan hand met die Engelse verhaal "Short history of Ghanzi".

.... mense en gebeurtenisse uit vergange dae .....

Lewensomstandighede van die Pioniers
Album 4

Fotos oor die boustyl van huise en hoe drinkwater bekom is vir mens en dier.

 

Lemcke Familie
Album 3

Foto album van een lyn wat drie generasies Lemcke's verteenwoordig

 

Ander Ghanzi
webblaaie
Suster Maria Vize
Album 5

Suster Maria Vize het oor die jare ’n besonderse diens aan haar gemeenskap gelewer & het sy en haar familie diep spore in Ghanzi getrap.

 

Thys Taljaard (Deel 1)
Album 6

Die Taljaards was van die eerste families wat hulself permanent kom vestig het in Ghanzi.

Die familie het huis opgesit & geboer te D'Kar.

Thys Taljaard (Deel 2)
Album 7

Die foto album loop hand aan hand met Deel 2 van oom Thys Taljaard se onderhoud.

Martiens Andreas Drotsky
Album 8

Die album het betrekking tot

Martiens Andreas Drotsky

asook

Drotsky Familie artikels.

Kaart van Ngamiland & Ghanzi
Album 9

Sketch map of Ngamiland & Ghanzi

Surveyed by A G Stigland

between 1910 & 1922

 

Kassie & Lettie van Heerden
Album 10

Kassie & Lettie van Heerden asook fotos van beestrekke en volkspeletjies.

 

Ekonomiese oorlewing in die ou dae
Album 11

Die album loop hand aan hand met Pollie (Laurika) Jerling se artikel oor "Ekonomiese oorlewing in die ou dae" 

Jagstories
Album 12

Om te jag was in Ghanziland ‘n lewenswyse. Laurika (Pollie) Jerling se artikel oor "Jagstories" werp meer lig op die onderwerp.

Sosiale Lewe (1)

Album 13

Pret & plesier

Sosiale Lewe (2)

Album 14

Verlowings, troues, kerk, dominees & sterftes 

Skole & Onderwysers
Album 16

Skole & onderwysers van die eerste skole in Ghanzi asook skoolgaan in Gobabis

Booy Kotze
Album 17

Die foto album loop hand aan hand met oom Booy Kotzé se onderhoud asook Laurika (Pollie) Jerling se boerderye & beesboerdery stories in Ghanzi distrik.

Martjie Goosen & Bennie van Staden
Album 18

Die foto album maak verwysing na mense

in die broer en suster se onerhoud.

Jan Burger, Fanie & Maria Lewis neè Burger
Album 19

Die Die foto album loop hand aan hand met Pa, dogter en skoonseun se onderhoude.

Fanie & Maria Lewis en Kassie & Lettie van Heerden
Album 20
Die foto album fokus op van die temas wat bespreek is gedurende die onderhoud.
SAN ... van toeka tot nou
Album 21

SAN ... van toeka tot nou ...

Die foto album is saamgestel om lesers 'n visuele illustrasie te gee van die onderwerpe, temas & stories wat bespreek is in die onderhoude van Oom Fanie & Tant Maria Lewis & die artikel van Mathias Guenther, "Why Racial Paternalism and not Genocide - The Case of the Ghanzi Bushmen of Colonial Bechuanaland".

Die twee San groepe wat woonagtig was in Ghanzi gedurende die onderhoude en artikels was die Naro's en die ‡X'ao||'ãesi's (Makoukouboesmans soos oom Fanie hulle genoem het) en was daar na hulle verwys as Boesmans (Bushmen) in daardie jare.

Henry & Aida Vickerman neè Burton
Album 22

The meaning of Uncle Henry’s name is “Ruler of the Home” and Auntie Ada’s is ‎"Noble or Adornment". 

Family, love, harmony, happiness and togetherness are their motto in life and the meaning of their names an accurate portrayal thereof.

Oom Henry had a lot of respect for Sir Seretse Khama, First President of the Republic of Botswana, 1921 – 1980,

who once said the following:

"A nation without a past is a lost nation, and a people without a past is a people without a soul.

Corrie & Leah Bekker

Album 23

." 'n Boer maak 'n plan! "

Woorde wat oom Corrie goed geken het en was hy daarom bekend in Ghanziland vir sy unieke kar "patente".

Hendrieka gebore Mothibi
Album 25

Haar oupa grootjie, 'n Swarts, het saam met Theunis Kotzè, Sarel Burger & die Camm familie Botswana toe getrek. Sy is gebore op Rusplaas waar haar pa vir die boere gewerk het.

Vandag bly sy op D'KAR en is 'n liewe ou tannie wat nog droom van haar eie restaurant. Sy het definitief "groen vingers" en spog met 'n interessante tuin wat versier is met verskillende plante, bottels, stompe en klip. 

Kerke en godsdiens, Begrafnisse en gebruike
Album 26

Die kerkgeskiedenis van Ghanzi was van die begin af vol wrywing en pyn, soos dit gaan waar mense betrokke is. Die eerste inwoners het almal aan die NG kerk behoort, en het dit so gebly tot in 1918, toe Theunis Kotzè met sy familie ingetrek het vanaf Lehututu en ‘n groot omwenteling veroorsaak.

As gevolg van ondertrouery tussen Ng's en Doppers en omdat daar in die vroeë jare selde besoekende predikante was, het heelparty NG mense by die sg. Doppers aansluit. Huwelike met kleurlinge het uiteindelik gevolg tot die stigting van Rusplaas as gemeente.

Cecil & Kotie Craill neè Burger

Album 27

Tannie Kotie het grootgeword op Uitkoms in die Ghanzi distrik en haar oupa, Theunis (Tika) Kotzè het saam met die Burgers en Camms ingetrek vanaf Lehututu. Oom Cecil se pa, TInkie Craill was afkomstig van Upington en het eers later jare via SWA Ghanzi toe getrek.

Die plot waarop Tannie Kotie tans nog woon was oorspronklik 'n stuk van Miek Taljaard se plaas gewees wat hy aan haar gegee het.

Dick Eaton

Album 28

In 1955 het Oom Dick in sy vroeë dertiger jare oorspronklik die land ingekom as Landmeter vir die opmeting van die omgewing se plase. Na vyf jaar was die opmetings afgehandel, maar het hy besluit om aan te bly omdat hy gehou het van die wêreld.

Hy is en was 'n merkwaardige man wat oor die jare heen nie net alleenlik 'n groot bydrae gelewer het aan die distrik en sy mense nie, maar ook aan ander sektore in die land.

John & Wilna Kempf

Album 29

Die Kempf familie is nie nasate van die oorspronklike trekkers na Ghanzi-toe nie. Oom John is in Johannesburg gebore, het gaan studeer aan die Potchefstroomse Landboukollege en wou hy nog altyd op 'n plaas gaan werk het.

 

In Mei-maand van 1960 het Oom John kom bly op die grond wat die regering aan hom toegestaan het. Dit was leeuwêreld en die plaas ongetem, wat sekerlik 'n groot uitdaging moes gewees het vir 'n jong man wat met bees wou begin boer.

 

Met tyd, en soos wat die boerdery uitgebrei het, het hy sy weiding aangevul deur van die plase wat op die mark gekom het in die omgewing te koop. Vandag is hy 'n baie groot & suksesvolle beesboer in die Ghanzi distrik.

bottom of page