top of page

Lys van PERSONE / FAMILIES

Hier onder is 'n lys van persone/families waaroor geskryf is. Kliek op 'n persoon/families se naam om na die relevante blad geneem te word. Soos nuwe inligtingstukke oor families en persone beskikbaar word, sal die onderstaande lys groei.

 

Die persone/families kan ook bereik word deur die oranje "drop-down" menu hier bo te volg.

Hendrik van Zyl

Die eerste permanente bewoners

 

Albert & Karolina Lemcke

Honouring Memories

 

Albert & Hugo Lemcke

Vroeë vestigingstaaltjies

 

Nelie de Graaff neé Lemcke

Lewe op Ghanzi in die 1930 en 1940’s

Suster Maria Vize  neé van Niekerk

Maria het oor die jare ’n besonderse bydrae gelewer aan die groter Ghanzi-gemeenskap en diep spore in die harte van die gemeenskap getrap.

 

Thys Taljaard - Deel 1

Thys Taljaard se voorsate was  geesdriftige trekkers en het hulle die Dorsland trek van 1893 tot by Swartbooisdrift in Namibie mee gemaak.

Na hulle aankoms in Ghanzi het hulle hulself gevestig op D'Kar.

Thys Taljaard - Deel 2

Die artikel is 'n opvolg op oom Thys Taljaard se onderhoud van verlede week.

Hy vertel van vervoer in die ou dae, vrou ontmoet en trou, beestrek en stene maak vir Wenela.

Memories of District Commissioner Ernest Midgley

Mr Midgley recounts his experiences as DC of Ghanzi from 1950-1957.This account relates to some of his administrative challenges, his efforts, duties and stumbling blocks.

Martiens Andreas Drotsky

Die Artikel is geskryf deur Ben Olivier, op 22 Desember 1951,

vir die Landstem Koerant.

 

Daar word verwys na omstandighede voor & gedurende die familie se trek uit die republiek

Kassie van Heerden - Deel 1

Oom Kassie vertel vir ons van die swaarkry tydens beestrek, sy noue ontkoming met 'n buffel, die onderwysers op D'Kar en donkie ry skool toe.

Kassie van Heerden - Deel 2

Oom Kassie & Tannie Lettie deel met ons hulle ervaringe van kerk naweke, Kersfees, Nuwe Jaar, volkspeletjies, jagtogte, biltong maak, kosvoorra-de asook hulle kennis van veldkosse.

Fanie & Maria Lewis
en
Kassie & Lettie van Heerden

Oom Fanie & Tant Maria asook Kassie en Lettie vertel vir ons hierdie week meer oor die geskiedenis van posry tussen Ghanzi en Gobabis, oom Fanie se transport ry dae en hoe hy van 'n stelletjie 'n donkiekar gebou het waarmee hy voorrade vervoer het.

Daar word ook verduidelik hoe swepe gemaak en gebruik is om donkies en osse mee te dryf.

Fanie & Maria Lewis

Oom Fanie & Tant Maria vertel vir ons meer oor die verhoudinge tussen Boesmans en die vroeë pioniers, waarvan hulle oorleef het in die ou dae en hoekom hulle asook hulle families gebly en aangebly het op die plase van die Boere vir wie hulle gewerk het.

Richard Upton (Uppie)

This lovely contribution was received by Fay Pearson, daughter of District Commissioner Ernest Midgley, who served Ghanzi from 1950 till 1957 under the Bechuanaland Protectorate Administration. Included in her letter is a report her mother helped typed for Uppie that was destined for Mafikeng, "Bushman that was found mauled by a lion at Kang".

Richard Upton, (Uppie) came to live in Ghanzi, Bechuanaland Protectorate in about 1952 having left Tristan Da Cunha, the remote island in the Atlantic Ocean. He worked as a “farm manager” on a farm near Ghanzi, owned by a Cecil Rhodes (Yes, a relative of the famous name). 

Henry & Ada Vickerman

Life in Ghanzi is not about the obvious, and those who survive here are being chiseled and shaped to wisdom, by circumstance and endurance. The Ghanzi history team had the privilege to interview Oom Henry and tant Ada Vickermann very recently, beside a fire on a cold Kalahari day at Kanana Farms. After many hours of talking, we left their house deeply impressed with not only their mental and physical abilities at such an advanced age, but by what they have achieved in their lifetime and by the richness of their life stories.

What a couple, and what have they not experienced, endured and achieved!  Their storm-weathered love for each other and for their family, and for all life, their humility and wisdom shone through all that they told us, therefore this week we would like to share this beautiful story with all of you.

Corrie & Leah Bekker

Oom Corrie & Ant Leah deel met ons hulle storie van wegtrek van 'n soutwaterplaas in die Republiek na 'n varswaterplaas in Ghanziland.

 

Oom Corrie was 'n baie handige & vindingryke man en het hy altyd 'n oplossings gehad of gemaak vir enige gebreekte part of kar probleme ... sommer netso daar langs die pad of diep in die bos op sy eie unieke manier. Hy was bekend vir sy "patente" en het sy "crank wiel starter" gewerk tot in Johannesburg en Pretoria se strate as dit moes.

Oom Corrie het ook 'n groot liefde gehad vir perde, 'n karaktereienskap wat sy seuns met hom gedeel het en waarmee hy soms speels by hulle oor gespog het. Hy het ook die kuns van tuiemakery by homself bemeester en dit as stokperdjie beoefen op dae as dit reënt.  Gedurende 'n leeu aanval het hy wonderbaarlik net sy hoed, en nie sy trots, in die proses misplaas.

Sannie Coetzee (neé Lewis)

Tant Sannie Coetzee was een van Christiaan en Lenie Lewis se vyf dogters en was getroud met Joey Coetzee. Haar susters was Maria Burton, Annie Watcham, Grieta Lemcke, Lena Lemcke en haar enigste broer Chrisjan Lewis. 

 

Sy gesels oor haar troue, die winkel wat sy en Joey bedryf het naby Khoutsa, die besoeke van die N.G. en Gereformeerde predikante vanuit Gobabis en haar herinneringe van die eerste kerk geboutjie in Ghanzi.

Hendrieka gebore Mothibi
Hendrieka se oupagrootjie Swarts was 'n Nama van Upington en haar ma se ma, Regina Josephina Witbooi, van Mariental. In daardie dae het die Namas vir die kleurlinge gewerk en het haar oupa Wilson Swarts se familie saam met Theunis Kotzé, Sarel Burger en John Camm se families Botswana toe getrek.

 

Pa Hanuke Mothibi was 'n Morolong wat op Eersterus gebly  het en vir die boere gewerk het. Ma Elsie Mothibi gebore Swarts was 'n Nama vrou wat op Jakkalspits gebore is en op Rusplaas gebly het. Hendrieka is op Rusplaas gebore, die plaas van William Frederik Camm wat hy bemaak  het aan sy dogter Hedwig Dolorosa Kotzé neè Camm.

Sy verduidelik dat "apartheid" in haar skooldae alle rasse geraak het. In 1953, op die ouderdom van 12-jaar het Hendrieka begin skoolgaan op Kalkfontein waar haar pa vir Charlie Sharp gewerk het. Sy het haarself leer Afrikaans lees deur haar pa se voorlesings te volg uit sy "Nuwe Testament" boekie.

Sara Thibi
Sara het ook vir die boere gewerk en was sy een van die bediendes in die huis.
Kotie Craill neè Burger

Tannie Kotie se ma en pa was Jan en Annie (neè Kotzé) Burger. Haar oupagrootjie Theunis (Tika) Kotzè het van Mier af Botswana toe getrek en het die familie eers 'n ruk lank op Lehututu gebly voor hulle getrek het Ghanziland toe. Tannie Kotie het grootgeword op die familie se plaas Uitkoms, vir twee jaar lank skoolgegaan op Kgoutsa waarna sy en haar broer verder skoolgegaan het op Gobabis. Sy was later jare onderwyseres op D’KAR en het haar leerlinge met lof gepraat van haar.

 

Sy was getroud met Cecil Craill, seun van Tinkie Craill. Tinkie Craill het baie later ingetrek, van SWA se kant af, afkomstig van Upington se wêreld. Tannie Kotie en Oom Cecil se kinders is Corrie, Marina, Tilla en Gloudina. Oom Cecil was goed met karre, en het sy eie garage gehad in D’KAR. As hy nie ‘n kar kon regkry nie het hy die parte self gemaak en ingesit.

 

Hy het ook ‘n vliegtuig van sy eie besit en het menige mense uitgevlieg wat siek was. Hy het Piper Pans in die CKGR ontdek met sy vliegtuig, daarvandaan die naam, en eenmaal die District Commissioner van Mafikeng opgelaai en saam gaan tee drink in die panne.

Dick Eaton
(Deel 1)

Oom Dick het grootgeword op 'n plaas in die Beaufort-wes omgewing in die Kaap. Na skool was hy in die Suid Afrikaanse Lugmag waarna hy vir Landmeter gaan studeer het aan die Kaapse Universiteit, al wou hy nog altyd geboer het. Terblanche & Eaton in Kimberley is genader deur Thys McCarthy wat gestuur is deur DC Midgley om 'n landmeter asook 'n suster vir Ghanzi te gaan soek in die Republiek, om die opmetings te doen van die plase in Ghanzi en Xanagas distrik. Die firma het die aanbod aanvaar en Theo de Smith, die Landmeter Generaal van Kaapstad, was verantwoordelik vir die goedkeuring van die finale opmetings. Oom Dick het in Ghanzi aangekom in 1955 met 'n nuwe vierwieldryf Jeep en 3-ton lorrie met toerusting op via Gobabis.

Na die opmeting van die plase het hy addisionele plase uitgesit vir die Regering asook die Kuke draad uitgemeet in 1962 - 1963. Hy het die pyplyn vanaf Notwanedam na Gaborone toe gemeet toe hulle besluit het om Gaborone die hoofstad van Botswana te maak en ook extension 11 Gaborone uitgesit. Daar het dit ook nie geëindig nie. Hy was die eerste Voorsitter van Ghanzi "Council" in 1966 en betrokke vir 40 jaar, 'n Parlementslid in Seretse se regering, 'n Board Member van die BMC, Survey Board, Botswana Lugmag en 'n "Founder Member" van Botswana Telecoms saam met Mnr Lekoko met die koms van selfone in die land. Hy het gedien as voorsitter van Ghanzi se Boerevereniging vir 28-jaar, was betrokke by die "Parliamentary Salary Commission” wat salarisse van die parlement gehanteer het en ook op die Western Demarcation Board vir die “demarcation” van Ghanzi en distrikte.

Hy was getroud met Hilda, Ada & Ivy Burton se suster, en het hy drie seuns by haar gehad, Peter, Clive en Brian wat hy alleen grootgemaak het na haar dood. Hy het latere jare aansoek gedoen vir 'n plaas van sy eie en met bees begin boer in die distrik. Hy het Kilimanjaro uitgeklim saam met sy kleindogter na hy reeds 80-jaar oud was. 'n "Presidential Order of Honour" vir "efficient and devoted service" in 2008 asook 'n "Presidential Order of Meritorious Service" vir "exceptional service" in 1980 is aan hom toegeken vir sy toewyding en harde werk.

Dick Eaton
(Deel 2)

Die week se publikasie is deel 2 en 'n opvolg op oom Dick Eaton se onderhoud van verlede week. Hierdie week verduidelik hy aan aan ons die verskillende tipes plase wat uitgesit is deur Cecil John Rhodes en die verandering van Freehold na Leasehold in die latere jare. 

Hy deel met ons meer inligting oor die verskillende stamme wat woonagtig was in die area toe hy Ghanziland binnegekom het asook feite en stories oor van die families wat later ingetrek het in die distrik.

John & Wilna Kempf
(Deel 1 van 3)

Oom John het na skool aan die Potchefstroomse Landboukollege gaan studeer en is dit daar wat hy die eerste keer gehoor het van Ghanzi, “The Promised Land”, waar jy ‘n plaas kon kry vir £5 ’n jaar. Hy wou nog altyd op 'n plaas gaan werk het en nadat hy sy 2-jaar kurses voltooi het, het hy 'n paar maande vir die Colonial Development Corporation rys gekweek in Swaziland en daarna gaan werk vir die Imperial Cold Storage Commission, wat groot plase in Rhodesië gehad het.

 

Hy het aansoek gedoen vir werk hier in Botswana en by die Veterinary Department begin werk as 'n Livestock Officer in Ngamiland. Hy het dit baie geniet en was vir 3-jaar gestasioneer in Maun en later ook in Kasane. Na sy bedanking het hy vir een jaar gaan probeer boer in die Suide van die Tuli Block, met nie veel sukses. Die regering was op daardie stadium besig met die uitsit van nuwe plase in Ghanzi en het Oom John aansoek gedoen vir een. In Mei-maand van 1960 is die plase uitgegee aan die buitelanders en het Oom John Ghanzi-toe getrek om te kom boer met beeste.

Vir 2-jaar het hy onder 'n Mopipiboom gebly met net 'n sink kaya as stoorkamer vir sy gereedskap, wat hy ook moes gebruik het as dit begin reën. Die wêreld was wild en leeus volop, wat beesboerdery nie maklik gemaak het nie. Tog het die saamleef met leeus gesorg vir interessante stories & staaltjies gedurende daardie tyd.

Met die beesboerdery het dit altyd ekonomies goed gegaan en het Oom John en Tannie Wilna soms selfs drie trekke vanaf Ghanzi na Lobatse op een slag gehanteer. Dit was 'n 30-dae trek en het Tannie Wilna noukeurig beplan deur voorrade in hopies te pak, wat dan weer oorgepak is in appel- en bierbokse wat dan vervoer is agterop 'n Jeep Wagoneer.

 

Hy gesels ook oor die die skuif van die hoofstad vanaf Toteng na Tsau gedurende die Matebele aanvalle en deel hy Hardbattle en Burton se weergawes van die Duitse aanval wat plaasgevind het in Ghanzi gedurende die oorlog.

John & Wilna Kempf
(Deel 2 van 3)

Oom John & Tannie Wilna vertel vir ons hoe hulle gemaak het om hulle beeste water te gee by putte & damme gedurende beestrekke, en die roete waarlangs hulle getrek het vanaf die plaas na Lobatse met die beeste.

 

​Leeus was maar altyd, en is nogsteeds 'n probleem vir die beesboere in Ghanzi. Met tyd het die boere slimmer geraak en verskeie metodes is gebruik om 'n leeu wat probleme gee vas te keer. Toe 'n leeu probleme gee op Oom John se plaas, het hy ou oom Fanie Lewis se raad gevolg en 'n hok gebou. Hy het posisie ingeneem in die hok en die leeu ingewag daardie nag. Die leeu se nuuskierigheid het die beter van hom gekry en kon Oom John 'n skoot of drie inkry, maar was die leeu gekwes.

Hy moes toe wag tot dit lig word alvorens hy die hok kon verlaat. Toe die gekweste leeu Oom John storm, het hy Willy Willmot se storie onthou om in so 'n situasie te wag totdat jy die leeu in die oë kan kyk alvorens jy die sneller trek, wat seer sekerlik daardie dag sy lewe gered het!

John & Wilna Kempf
(Deel 3 van 3)

Die week deel die egpaar met ons staaltjies oor hoe hulle mekaar ontmoet het en die aanpassing van 'n dorpsmeisie in Ghanziland.

Tannie Wilna vertel ons hoe sy moes leer om 'bokke en skape te slag en kos te maak vir vendusies en Nuwe Jaar.

Oom John brei meer uit oor die Ramsden broers, die onkonvensionele District Commissioner Ernest Midgley en die vermiste vliegtuig insident van 1968.

Piet & Hilda Lewis

Oom Piet was een van tien kinders en die seun van Joey & Sannie Lewis. Hy en sy broer Joop bly vandag nog in Ghanzi distrik. Hulle het op Dekar skool gegaan en by Magiel en Annie Taljaard kamers gehuur.

Hy het as jong man geboor in Rhodesië en ook gate vanaf Ramatlabama af op die spoor gedoen, want daar was nie werk in Ghanzi vir 'n inkomste nie. Hy het later jare begin bees trek vir ander en sodoende ook begin trek vir homself, wat vir hom die lekkerste was.

 

Oom Piet en Tannie Hilda het mekaar in Bulawayo ontmoet en is in 1961 getroud. Tannie Hilda het in Mafikeng gebly, kinders deur die skool gesit, terwyl hy na die plaas omgesien het. Sy het eers later verhuis na Ghanzi.

Hy deel sy herinneringe van beeste en perde inbring na Ghanzidistrik. Sy Oupa het op 'n stadium redelik transport gedoen met 'n ossewa Swakopmund-toe, oor Windhoek, hy't gaan vragte sout haal daar. Soos wat hulle opkom met die sout is dit verruil vir beeste. Die sout het opgegaan tot by die meer en was dit 'n hele jaar se tog gewees.

bottom of page