top of page

Lys van STORIES / STAALTJIES

Hier onder kan 'n lys van stories en staaltjies gevind word. Kliek op 'n storie om na die relevante blad geneem te word. Soos nuwe stories/staaltjies beskikbaar word sal die onderstaande lys groei.

 

Die stories kan ook bereik word deur die oranje "drop-down" menu hier bo te volg.

Lewensomstandighede van die Pioniers

Stories oor die bou van huise, die stryd om water, windpompe en boorgate .....

 

Johannes Taljaard

Die Nalatenskap van die Dorslandtrekkers, geskryf deur Johannes Taljaard,

bring hulde aan al die nageslagte van die families wat hulle in Ghanzi kom vestig het.

 

Drotsky Familie

Die artikel is geskryf deur

Ben Olivier

op 30 September 1969

en som vir ons op die familie se trek

na Ghanzi vanuit Bethulie in die Vrystaat.

 

Ander Ghanzi
webblaaie
Smidswerk

In 'n ongewing waar osse- en donkiewaens die enigste transport-vervoer was, en perde- en kapkarre gebruik is, was smidswerk baie belangrik en was sommige van die vroeë pioniers opgelei in die ambag.

 

Beestrekke, vervoer & smokkel

Die artikel is saamgestel deur Laurika (Pollie) Jerling uit onderhoude met 'n aantal trekkers en vertel vir ons meer van beestrekke, bek-en-klou, die depressiejare asook die ewigdurende verhaal van soeke na water.

 

Ekonomiese oorlewing in die ou dae

Die artikel is saamgestel deur Laurika (Pollie) Jerling uit verskeie onderhoude met vestigers en handel oor winkels & smousery in Ghanzi distrik in die vroeë jare.

 

Vermaak, musiek & speletjies

As dit Kersfees, Nuwejaar, kerk saamtrekke of sommer net vakansie was, het die Ghanzilanders lekker saam gekuier. Daar was genoeg vermaak vir oud en jonk om besig te bly en was hulle lief vir musiek maak, dans, volkspeletjies, boeresport & perderesies. 

 
Jag as inkomste

Laurika (Pollie) Jerling se artikel verduidelik hoekom die boere in die beginjare grootendeels jagters was, vir ‘n inkomste uit ivoor en velle. Boerdery as sodanig was ‘n bysaak terwille van bestendigheid op die grond wat aan hulle uitgegee is. Mettertyd het die klem verskuif.  

Skole & onderwysers

Die week se saamgestelde artikel van Laurika (Pollie) Jerling som kortliks vir ons op die agtergrond van skoolgaan, skole & onderwysers in die vroeë dae. 

Boerderye

Die Boerdery van hierdie tydperke het gewissel van konserwatiewe metodes tot nuwe idees en beter bemarking. 

Beesboerdery

Die eerste nedersetters is ingebring om boere te wees - beesboere volgens die veldse geaardheid. Maar soos ons weet, was hulle in die begin eerder jagters gewees en het later meer geld gemaak deur met ander mense se beeste in verskeie rigtings te trek

Siektes, geboortes, boererate, medisyne en verpleging, sterftes

Mense was taai, en het staatgemaak op die trommeltjies Lennon medisyne en boererate. Beserings het voorgekom tydens transporty en jag, en geboortes was so angswekkend dat sommige mans vroegtydig hul vrouens per ossewa vervoer het na Mafikeng, Maun en Gobabis, waar daar laterjare dokters beskikbaar was, selfs hospitale.

MEDIES - Dokters, Aptekers en Hospitale

Die eerste intrekkers, die pioniers, moes sonder dokters, aptekers, veeartse en hospitale klaarkom. Boererate was hul enigste toevlug, veral met kinderkwale. Lennon se huisapteke is in elke denkbare en ondenkbare kwaal gebruik. Baie vrouens het aan “smeer” geglo.

Osse- en donkiedryf, swepe, inspan

Om te trek met 'n span osse het nie in elkeen se broek gesit nie, dit was inderdaad 'n kuns op sy eie.

Drywers is van kleinsaf geleer, gewoonlik deur hul pa’s of ouer broers as hulle saamry op ‘n tog. Drywers moes ook 'n groot bek hê en veral baie liggies met die sweep kon werk. 

Looiwerk en leer produkte

In die week se samestelling van Laurika (Pollie) Jerling word daar meer uitgebrei oor die looi en brei van leer, asook die verskillende metodes wat gebruik was. Eindprodukte is meestal gemaak vir huishoudelike gebruik. Daar  was nie eintlik handel gedryf met velle nie, wel met rieme wat in Lobatse en Mafikeng verkoop is.

Eers later het McIntyre wat saam met Burton en Malone ingekom het enige klein velletjies soos jakkalsvelle tot beesvelle begin opkoop om te smous.

Meubels en houtwerk

In van die onderboude word melding gemaak van ‘n paar uitstaande meubelmakers en die soorte hout wat hulle gebruik het.

Dis verstaanbaar dat daar in behoefte aan huisraad was na die wa-en-osse tydperk, die lewe op die trekpad. Weereens staan ‘n mens verstom oor onopgeleide mense se vaardighede.

Van die meubels is steeds in besit van erfgename. 

Transport, Trekpaaie, Posry

In die week se samestelling van Laurika (Pollie) Jerling word daar vertel hoe die vroeë pioniers hulle voorrade bekom het, pos gery en geloop is per voet na en van Gobabis.

Daar word verwysing gemaak na van die trekroetes wat gebruik is asook waar die beste uitspan plekke was vir trekkers sowel as hulle vee deur die groot Dors.

Politiek, Regering, Insidente, Smokkel

Die week se artikel van Laurika (Pollie) Jerling is

saamgestel uit onderhoude van Willemien le Roux

en handel oor Skermutselings en Onderhandelinge,

Magistrate en Polisie in vroeë jare (voor 1950) asook Smokkel in die ou dae.

Daar is 'n paar teenstrydighede,

maar dit is wat geskiedenis so interessant maak.

... Almal ervaar nie altyd dieselfde emosies oor dieselfde gebeurtenisse nie ...

Depressiejare

Die Groot Depressie was 'n wêreldwye ekonomiese ineensinking van 1929 tot 1933. Dit was die langste, mees intense en mees wydverspreide depressie van die 20ste eeu. Die algemene opvatting onder ekonomiese historici is dat die Groot Depressie met die aanvang van die Tweede Wêreldoorlog geëindig het.

 

Laurika (Pollie) Jerling se samestelling van hierdie week werp meer lig op die alternatiewe bronne van inkomste vir die boere in Ghanzi gedurende die depressie asook die groot verliese wat gely is gedurende die besonderse droë jaar van 1929-1930.

Kerke, godsdiens, begrafnisse en gebruike

In die week se samestelling van Laurika (Pollie) Jerling word die geskiedenis van die Nederduitse Gereformeerde- & Gereformeerde Kerk in Ghanziland, hulle gebruike en die ontstaan van hul afsonderlike gemeentes uiteengesit. Dié geskiedenis was van die begin af vol wrywing en pyn, soos dit gaan waar mense betrokke is.

Nogtans tel ‘n mens min godsdiens struweling op in die vroeë jare, en selfs teen 1967 het gelowiges oor en weer mekaar se dienste bygewoon, veral tydens besoeke van predikante. So is kinders ook oor en weer gedoop eerder as om te wag vir ‘n volgende eie predikant. Die besoekers het ook by almal huisbesoek gedoen en by niemand verbygery nie.

'n "Vakansie" na Livingstone

Livingstone was nie net 'n transport roete in die vroeër jare nie, maar ook 'n gewilde vakansie destinasie vir die inwoners van Ghanzi.

 

In die week se samestelling van Laurika (Pollie) Jerling vertel oom Hugo Lemcke, tannie Nelie de Graaff en tannie Kotie Craill vir ons van hulle vakansies na "die valle", Victoria watervalle, wat omtrent 'n epiese tog was vanaf Ghanzi in die ou dae.  

Landbou en ander diere behalwe beeste

Tannie Laurika (Pollie) Jerling se samestelling van die week werp meer lig op die verbouing van groente, vrugte, tabak en ander gewasse op plase in die vroeër jare. Daar word ook verduidelik wat gedoen is om koedoes, elande en ystervarke te bestry wat pla.

In daardie dae was 'n perd ook baie werd en het niemand sommer net sy ryperd uitgeleen aan enige iemand nie. Manie Lewis se pa het sy plaas vir ‘n ryperd verkoop en was jou perd, jou saal en geweer 'n mans se beste besittings! Meeste meisies het ook elkeen 'n perd van hulle eie gehad.

Kalkbrand, stene en kole

Hugo & Albert Lemcke verduidelik in die week se artikel vir ons watter metodes gebruik is om roustene, bakstene en kalkstene te maak.

Thys Taljaard was reeds gekonfyt met kalkbrand by DEKAR en by Bray bottel, en het Wenella hom gekontrakteer om vir hulle 'n 100,000 stene uit te pak en 1,000 sakke kalk te brand. Hy sou vir die stene £3 ‘n duisend kry en vir ‘n sak kalk £1. Die kalkveld was omtrent twee myl weg van die stenegrond en Thys het hom byna doodgeloop van plek na plek! Elke stukkie hout wat gebrand is gedurende die proses is op ‘n Vambo se skouer aangedra, want waar hy stene moes maak was nie hout nie en by die kalkklippe ook nie.

Beestrekke

Ngamiland het reeds ’n beesbevolking gehad toe die eerste setlaars Ghanziland bereik het. Die swartes het nie eintlik belanggestel in Ghanzi se weiding nie en daarom kon die Boere reeds in die eerste jare kuddes opbou. Maklik was dit nie en waterbronne en siektes soos veral gallam het uitbreiding of vermeerdering beperk. Maar daar was wel mense wat geslaag het en ondernemende setlaars het spoedig agtergekom dat beestrekke van een area na ’n ander ’n lonende inkomste gebied het.

 

Daar is egter nie fasiliteite geskep op trekroetes voor omtrent 1938 nie en trekkers het hare op hulle tande nodig gehad waar waterpunte selfs ’n paar dae uitmekaar beskikbaar was. Langs sekere roetes het leeus ook ’n probleem geword en beeste moes snags gehaal word. Maar sommige trekkers het juis verkies om snags te trek omdat die hoë temperature die trekbeeste benadeel het. Ons het ’n paar mooi vertellings uit die mond van veteraantrekkers en oorgelewerde stories van die eerste geslag. Die roetes het meer verskil as deesdae waar die hoofroete Ghanzi-Lobatse is.

bottom of page